Video: Brandweerlid ‘soos Spider-Man’ red vrou uit brandende woonstel

(Skermgreep: FDNY/Facebook)

ʼn Video van ʼn lid van die New Yorkse brandweer (FDNY) wat soos ʼn wafferse superheld uit ʼn venster seil om ʼn vrou uit ʼn brandende woonstelgebou te red, het soos ʼn veldbrand versprei.

Die nooddiens het Dinsdag ʼn oproep ontvang van ʼn brand in ʼn woonstel in Manhattan. Daar gekom, het hulle ʼn paniekbevange vrou aangetref wat verbete aan die vensterbank van haar woonstel op die 16de verdieping vasklou.

Die vrou was te bang om terug te klouter in haar woonstel wat aan die brand was. Die nooddienswerkers het inderhaas besluit dat ʼn brandweerlid van die verdieping bokant haar woonstel sou afseil om by haar uit te kom.

Brian Quinn het dus met ʼn tou van die 17de verdieping na die venster afgeseil om by haar uit kom.

“Ek was by die venster, het haar laat bedaar en aangesê om nie te spring nie,” het Brian Quinn, ʼn brandbestryder, gesê.

Die brand is intussen in bedwang gebring en die vrou kon terug in die gebou geneem word, eerder as om haar met die tou tot op die grond te laat sak.

“Dit was werklik ʼn heldhaftige reddingspoging en ʼn bewys van die dapperheid en talent van die lede van die New Yorkse brandweerdepartement,” het Daniel A Nigro, ʼn kommissaris van die FDNY, gesê.

“Dít is iets wat selde gedoen word, maar hulle het hul vaardighede ingespan, die situasie reg beoordeel en dapper gedoen wat nodig is.

“Danksy hul dapperheid, hul pogings en hul vindingrykheid kon iemand gered word,” het Nigro gesê.

ʼn Buurvrou van die vrou het Quinn as ʼn superheld bestempel.

“Hy was soos Spider-Man, Superman, wat uit die venster klim en haar toevou om haar veilig te hou,” het Kyra Walker, ʼn buurvrou, luidens berigte gesê.

Die video van die dramatiese reddingspoging is ook op sosialemediaplatforms versprei en het duisende kommentare ontlok. Lof vir die brandweerlede het ingestroom.

“Absolute dapperheid. Die FDNY het senuwees van staal,” het een Facebook-gebruiker geskryf.

“Wonderlike helde wat ook hul lewe op die spel plaas,” het nog ʼn gebruiker geskryf.

Roof-Rope Rescue in Harlem

“Firefighters got here quickly and found a woman at the window, panicked on the 16th floor. They quickly assessed the situation and decided to do something we rarely do – a roof-rope rescue – from the 17th floor. Firefighter Brian Quinn, assisted by other members, went out the window on the roof-rope that was secured on the Halligan tool by the team members. All of this while Engine 59 was advancing a hose line in to extinguish the fire. They got to the woman in time, they were able to hold her on that floor, and because of the aggressive attack by 59 Engine, the fire was extinguished enough that they could bring her back into the apartment rather than lowering her to a floor below. This is really a heroic rescue and it really shows the talent and the bravery of the members of the New York City Fire Department. It’s something that’s rarely done, and yet they exercised their skills quickly, they assessed the situation quickly, and they did what had to be done bravely. Thanks to their bravery, thanks to their efforts, and thanks to their ingenuity in being able to tie this rope off, we have someone who was saved here on Lenox Avenue. It’s a happy day for her, and it’s a happy day for all of us,” said FDNY Commissioner Daniel A. Nigro on scene at 470 Lenox Avenue in Harlem, where Firefighters saved an individual by performing a roof-rope rescue earlier this afternoon. Firefighter Brian Quinn, Ladder 30, said, “Me and Firefighter Pat Chiarel went to the floor above while the inside team went to the fire apartment, they had to force their way in. There was a woman on the window sill outside of her window, and I stayed at the window and tried to calm her down, and told her not to jump, that we were going to come and get her. My Lieutenant, Jason Norwich, was inside trying to coax her in, but she was completely panicked and she was not going to let go. Eventually, smoke started lifting when the guys downstairs started breaking windows and it started clearing out. I was right behind her, so if she did decide to jump or let go I was holding her to the glass. I just said, ‘I’m not going to let you fall. We’re going to get you inside.’ No more than two hours ago we were practicing this exact drill. We train all the time. That’s our job.”

Posted by New York City Fire Department (FDNY) on Tuesday, 1 September 2020

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Gemaskerde Sopbeen

Baie dankie vir die goeie nuus storie. Ons almal het goeie dosis goeie nuus daagliks nodig.