Colette Moreno (26) van Missouri in die VSA was saam met ‘n vriendin op pad na haar henneparty toe sy in ‘n ongeluk oorlede is.
Mirror berig dat Moreno se vriendin, Ashley Theobald, die motor bestuur het. Theobald het ‘n vragmotor verbygesteek toe hulle teen ‘n aankomende vragmotor gebots het.
Moreno is oorlede terwyl Theobald slegs ligte beserings opgedoen het. Moreno en Theobald het minute voor die ongeluk ‘n foto van hulself geneem en dit op Facebook gelaai.
Jesse Acrobasso (28), Moreno se verloofde, sê sy was baie opgewonde oor die troue. Die paartjie sou glo volgende maand in Jamaika getrou het.
Moreno laat ook ‘n vyfjarige seun agter.
Die video is op YouTube gelaai en deur SkyNews vervaardig:
http://youtu.be/6Iebm7TtyjE
Sjoe dis hartseer. Maar lyk of hulle ‘bietjie rof’ in die kar was?
Of is ek verkeerd?
Lyk eerder vir my asof hulle uitbundig, borrelend van vreugde en opgewondenheid was. Baie mooi herhinnering om agter te laat, as dit dan nou moes gebeur. Ten minste weet haar geliefdes sy was gelukkig tot opo die einde.