Video: Burger King se swart burgers

Burger King se advertensie vir die Kuro Burger

Burger King se advertensie vir die Kuro Burger

Burger King het ʼn swart burger, genaamd die “Kuro Burger” vir sy klante in Japan beskikbaar gestel.

Kuro beteken “swart” in Japannees en die broodjie word met bamboeshoutskool verkleur. Die ink van ʼn inkvis word by die uie en knoffel in ʼn sojasous bygevoeg en die kaasskyfie word ook met bamboeshoutskool verkleur. Die patty word boonop met swart peperkorrels gemaak.

Die burger is tot vroeg November beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Praat van volksvreemd, klink soos n voorloper vir een of ander kanker of kwaal. As jy nie die bestandele kan herken nie, gaan jou liggaam ook nie.

Bielie van die Bosveld ·

Nee wat, ek hou maar by die regte Boere-hamburger.

SHAUN ·

Nope! Lyk ni leke ni,ek wonder as dai burgers na S.A toe kom wt sal die mense regte komisie se wnt alles vandag is net rassisties as j n koerant oopmak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.