Video: Busdrywer geloof wat baba op besige pad red

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Milwaukee County Transit System)

ʼn Busbestuurder van Milwaukee, Wisconsin, in die VSA is vandeesweek amptelik vereer vir haar heldedaad nadat sy op 22 Desember ʼn baba gered het wat alleen in die koue op ʼn snelwegoorbrug voortgestrompel het.

Irena Ivic word wyd geloof en as ʼn heldin bestempel nadat beeldmateriaal vrygestel is van haar wat oor die besige pad na die kindjie toe hardloop, die baba optel en vinnig die kind na die veiligheid en hitte van ʼn bus neem.

Milwaukee Independent berig Ivic is ʼn busdrywer vir die Milwaukee County Transit System (MCTS) en was op 22 Desember aan diens toe sy ʼn baba alleen langs die pad gewaar het. Die kind, sowat 18 maande oud, was kaalvoet en het net ʼn doek en ʼn speelpakkie aangehad.

Ivic het sonder om te huiwer die bus tot stilstand gebring en oor die besige pad gehardloop om die huilende baba op te tel.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe Ivic met die baba in haar arms terug in die bus klim terwyl ʼn passasier ʼn jas oorhandig om die kind mee warm te hou. Ivic het later vertel die baba se lyfie was yskoud nadat die kind in die koue temperatuur buite was. Die baba het in Ivic se arms aan die slaap geraak terwyl hulle op die nooddienste gewag het.

Volgens berigte was die baba koud maar ongedeerd. Die polisie het later gesê die baba is deur die ma, wat moontlik psigiatries versteurd is, buite in die koue gelos. Die baba is intussen in die sorg van die pa vrygelaat.

Volgens Milwaukee Independent het owerhede Donderdag ʼn toekenning aan Ivic oorhandig om haar te loof dat sy die kind gered het. “Sy het baie meer as haar werk gedoen. Sy het die regte ding gedoen. Ek beskou nie daardie soort deernis as vanselfsprekend nie,” het Chris Abele, hoof van die Milwaukee-distrik, gesê.

Ivic het op haar beurt gesê sy is net dankbaar dat sy daar was om te help. Die kind is een van talle verlore en vermiste kinders wat in die afgelope paar jaar deur MCTS-bestuurders gevind is.

MCTS Driver Rescues Lost Baby from Freeway Overpass

MCTS Driver Irena Ivic rescued a baby that she spotted alone on a freeway overpass in Milwaukee. It's another amazing story of #MCTSExcellence tinyurl.com/y9225r4g

Posted by Milwaukee County Transit System on Thursday, January 10, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

TLC ·

Amazing ek het chills gekry toe ek dit gisteraand op nuus kyk

IK ·

Bykans soos ‘n armada wat opdaag, geen verskoning van geen voertuie of brandstof. Jy reik uit na andere ongeag . . .

Uys ·

Regtig MM
Kind in sorg van pa “vrygelaat”. Is dit die beste hoe jul dit kan beskryf.?

Cherokee ·

Chris Abele beskou nie daardie soort deernis as vanselfsprekend nie. Ek beskou dit wel as vanselfsprekend want geen regdenkende sou anders opgetree het nie.

Beanie ·

Faith in humanity restored. I truly hope the mother looses any custody over that boy, she does not deserve the joy of having a child. This bus driver is a living Hero and should be blessed beyond words…she makes women around the world pride.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.