[Video] Celine Dion sing roerende huldeblyk aan Parys-slagoffers

Celine Dion

Celine Dion

Celine Dion het Sondag tydens die American Music Awards ʼn Franse lied gesing in ʼn roerende huldeblyk aan die slagoffers van die terreuraanvalle in Parys.

Dion het “L’Hymne a l’amour”, wat bekend gemaak is deur Edith Piaf, gesing. Sy het aan die einde van die lied haar arm triomfantelik in die lug gesteek terwyl ʼn foto van die Eiffeltoring in die kleure van die Franse vlag agter haar verskyn het.

Die akteur en sanger Jared Leto het voor Dion se optrede gesê die terreuraanvalle in Parys en Mali het “die wêreld vir altyd verander en sy bevolking geskend”. “Vanaand vereer ons die slagoffers van die ondenkbare geweld wat in Parys en regoor die wêreld plaasvind. Die hele wêreld maak saak en vrede is moontlik,” het Leto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Sjoe!! Verstaan nie ‘n woord maar pragtig die stem en natuurlik ook die mens.

AmY ·

Sal nogal waardeer word as sy ‘n lied kan opneem vir al die moorde op ons land se onskuldige mense. Veral vir die slagoffers van plaasnoorde. Maar lyk my die hele wêreld is blind vir wat hier in SA gebeur.

SNEL ·

Sou wonderlik gewees het as ons kon lees onder wat sy sing in Engels, sodat ons ook kon verstaan, want duidelik het daai woorde baie geraak. Vreeslik hartseer wat daar gebeur het, en so onnodig. So het elke land maar sy dinge.

Genis ·

Sy sing God sal diegene wat mekaar liefhet weer herenig. Want die ewigheid behoort aan ons.

Albrie Meyer ·

Wat moet ons haar betaal om vir SUID AFRIKAANSE plaas moorde ook te kom sing?

Johann Pretorius ·

Ek wonder wie gaan vir die 4000 boere sing wat in Suid Afrika vermoor is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.