Video: Chaos toe roltrap van rigting verander

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Groep inkopiegangers het soos domino’s op mekaar geval toe ʼn roltrap in ʼn winkelsentrum in Maleisië skielik agteruit begin beweeg het.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die slagoffers, waarvan sommige kleuters gedra het, bo-op mekaar val.

Internetgebruikers voer aan die voorval het by Setia City Mall in Kuala Lumpur plaasgevind.

Talle persone het hul skok uitgespreek oor die voorval en moedig die betrokkenes aan om die bestuur van die winkelsentrum te dagvaar.
https://youtu.be/z4-KmXL1cV0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rooiman ·

Dit lyk vir my meer of iets in die roltrap se meganisme breek. Hy beweeg baie skielik af, en staan dan stil toe die gewig “afgegooi” is. As dit was weens swak onderhoud, gaan iemand harde klippe kou.

seookmanet ·

Ek stem, Rooiman-Daai trap het nie agteruit beweeg nie, iets meganies het gebreuk en die gewig van die mense het dit laat terugrol.

Gideon Roos ·

Die spoed waarteen die trap afteruit beweeg het dui dat dit nie ‘n verandering van rigting was nie, maar ‘n ingee van die rat meganisme of die band wat die trap voorentoe rol. Ek sou wel nie dink dit is die oorsaak van wan-onderhoud nie. Ek betwyfel sterk dat die roltrap in die eerste plek so ‘n digbepakte vrag kan dra.

Se Maar Net ·

Dit moet ‘n verskriklike skok vir die mense gewees het, ek kan my net so iets hier
voorstel!!!!

Uys ·

net soos ek begin kyk het, het ek by myself gedink teveel mense klim te naby aanmekaar op die roltrap. Nie een persoon het eers gedink aan een trap of twee tussen die ander oop te los nie. Ek self hou altyd 2 trappe oop, net omdat ek nie in die ander se persoonlike spasie wil wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.