Video: Cowboys wen stryd in Wilde Weste-herlewing

Foto: @thetrue99 / Twitter

Foto: @thetrue99 / Twitter

Die video volg onderaan die berig.

‘n Onwerklike toneel het hom afgespeel toe ‘n groep cowboys, ter ondersteuning van die beesboer, Cliven Bundy, stadig op ‘n federale mag afgemarsjeer het om die vrylating van beeste te eis.

Die federale magte, van die Bureau of Land Management (BLM), het die beeste as deel van ‘n operasie teen grondgryp in die staat Nevada geskut, na dit van Bundy gesteel is. Die BLM het egter nie rekening gehou met die vasberade cowboys nie. Die cowboys, waarvan talle op perde was, het talle dreigemente dat hulle geskiet sal word geïgnoreer. Die betogers het verby die BLM-magte, wat bygestaan deur minstens een SWAT-eenheid, gemarsjeer en deurgestap na hul baas se beeste.

David Knight, verslaggewer van Infowars, wat aan die hoof van die optog gestaan het, het die toneel vergelyk met die oomblik uit die rolprent V for Vendetta toe die weermag gedwing is om terug te tree.

Die BLM het ingestem om die beeste vry te laat.

http://youtu.be/bD61YFxUga4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Terblans ·

Maroela. Jul inligting is verkeerd.

Cliven Bundy se familie boer al geslagte op die openbare grond waar hul beeste loop. Hulle het die droë landskap in ‘n groen strook verander. D-Senator Harry Reed wil saam met die Chinese solar plase daar opsit. Hulle kon al alle beesboere daar afkry maar nie die Bundy’s nie. Nou het hulle ‘n weermag optrede gebring om sy beeste te steel en te verwyder. Die gemeenskap het gesê NEE! en opgetree.

David Knight was nie die leier nie maar slegs ‘n verslaggewer. Die Bundy’s het voor gegaan met alle optredes. Die kruks van die saak is die wêreld mag teen die gewone mens!

Kobus ·

Dagsê Johan

Die oorspronklike beriggie – eintlik meer op die video gerig – is uit die Drudge Report geneem. Omdat die berig baie vaag was, en daar nie ander berigte was wat meer agtergrond gee nie, is juis net gefokus op die cowboys wat die Feds en Swat getrotseer het.
Die dag na ons dit gebruik het, het die Drudge Report egter verskeie berigte gedra waaruit meer agtergrond geblyk het, bv van die sonkragplase. ‘n Mens moet onthou dat baie vd publikasies eerder die staat se sak goedgesind is, en daarom is dit baie moeilik om vanuit SA regtig objektief in te zoom.

Die kern vd saak is dat die oorspronklike berig gemeld het Brundy se beeste is gesteel (maar nie gesê deur wie nie, en ookal nie hoe dit in die Feds se hande beland het nie). Die berig het ook bloot gemeld dat die hele kwessie uit “grondroof” spruit.

So verv ek weet was Maroela die enigste SA-media (en trouens die enigste buite die VSA) wat aandag hieraan gegee het. Intussen lyk dit my het die media (minstens in die VSA) die storie goed beetgekry.

Dalk doen ons nog ‘n storie om op te volg hieroor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.