[Video] Die beste kolhou ooit!

Louis Oosthuizen vier sy kolhou op 10 April 2016 by die Amerikaanse Meesterstoernooi op Augusta (Foto: skermskoot uit die video)

Louis Oosthuizen vier sy kolhou op 10 April 2016 by die Amerikaanse Meesterstoernooi op Augusta (Foto: skermskoot uit die video)

Die Suid-Afrikaner Louis Oosthuizen het almal gaande met sy kolhou wat hy Sondag by die Amerikaanse Meesterstoernooi op Augusta aangeteken het.

Dit was boonop die derde kolhou vir die 16de putjie – Ierland se Shane Lowry en die Amerikaanse veteraan Davis Love het ook elkeen ʼn kolhou aangeteken, maar Oosthuizen se poging staan kop en skouers uit bo die res.

Oosthuizen se balletjie het op die setperk geland en sy speelmaat, JB Holmes, se balletjie getref. Holmes se balletjie het rakelings die gaatjie gemis en Oosthuizen se balletjie het eers skeefgetrek voor dit teruggespin en in die gaatjie gerol het.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van dié toernooi, dat drie kolhoue op dieselfde putjie op dieselfde dag in ʼn Meesterstoernooi aangeteken word.

Maroela Media het vroeër berig Gary Player (80) het verlede week bewys waarom hy as ʼn golflegende beskou word toe hy die 31ste kolhou in sy loopbaan aangeteken het. Hy is die oudste speler wat ʼn kolhou aanteken by die Syfer-drie-kompetisie. Kyk sy kolhou hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel Klopper ·

Wat gebeur as die opponent se balletjie in die gaatjie geval het?

Paul ·

Volgens gholfreëls sou hy dit moes uithaal en terugplaas op die setperk. Dit sou nie as ‘n “hou” getel het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.