Nissan het Donderdag ʼn prototipe-motor bekend gestel wat moontlik nooit gewas hoef te word nie.
Die voertuigvervaardiger eksperimenteer glo met ʼn spesiale super-hidroponiese verf genaamd Ultra-Ever Dry wat glo uiters water- en oliebestand is, berig Mashable.com. UltraTech International het glo die verf ontwerp.
Nissan het bygevoeg dat hy nie tans planne het om die verf as standaard beskikbaar te stel nie.
Kyk na die video om te sien hoe die verf werk.