Video: Dief kom sy moses teë

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn 84-jarige veteraan word as ʼn held bestempel nadat hy ʼn niksvermoedende rower die skrik op die lyf gejaag het.

Fox News het hierdie kringtelevisiebeeldmateriaal vrygestel van die verdagte wat Doug Jandebeur in Tulsa, Oklahoma nader. Jandebeur wou net in sy bakkie klim toe die man hom skielik van agter oorval, in die gesig slaan en sy beursie gryp. Jandebeur bring dan sy vuurwapen te voorskyn en die dief hardloop weg.

“Toe hy my geweer sien, het hy besluit om te vlug,” het Jandebeur gesê. “Enigiemand wat nie gewapen is nie, soek moeilikheid.”

Owerhede is op soek na die verdagte.
https://youtu.be/ehhuyCXGIvI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

Dis nie ‘n geweer nie. Dit was ‘n pistool. Hy verwys na “my automatic”.

‘n Geweer is ‘n langloop-vuurwapen.

CHRISTA ·

Selfs hierdie man sê iemand wat nie gewapen is nie soek moeilikheid. Maar ons ANC regering wil mense met gelisensieerde vuurwapens ontwapen!! Net hulle mag mos wapens hê!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.