Video: Dieretuinwerker sterf ná hy diere groet

Mario Eijs.

Mario Eijs.

Die dieretuinwerker wat in sy hospitaalbed finaal totsiens gaan sê het aan die diere wat hy versorg het, is oorlede.

Mario Eijs (54) het by die Diergaarde Blijdorp-dieretuin in Rotterdam, Nederland gewerk waar hy onder meer daarvoor verantwoordelik was om die kameelperde se kamp skoon te maak. Hy is met breinkanker gediagnoseer en sy laaste wens was om die diere te groet wat hy versorg het.

Die berig oor een van die kameelperde wat na Mario se bed gestap en met ʼn soengroet afskeid geneem het, het opslae gemaak op die internet.

J.A.A van Dam het die video op YouTube gelaai en oor die naweek bekend gemaak dat Mario oorlede is.

http://youtu.be/FW5SRBfBjYQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.