Video: Dit reën haaie!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Haai, ongeveer 33 cm lank, het uit die lug in ʼn gesin se erf in Virginia Beach in Virginia, Amerika, geval.

Sue Bowser het aan WAVY News gesê haar kinders het die haai verlede week naby ʼn waterdammetjie in hul erf opgespoor. Dit was reeds dood en het skrape gehad wat moontlik deur kloue veroorsaak is.

ʼn Wetenskaplike by die Virginia-akwarium het gesê dit is moontlik dat ʼn groot voël sy prooi laat val het nadat hy die haai in nabygeleë kuswater gevang het.

Die haai se tydsberekening is goed – Discovery Channel is tans besig met Shark Week, waar talle dokumentêre flieks en fiktiewe stories oor haaie uitgesaai word.

Klik hier om die video te sien as dit nie in hierdie venster wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.