[Video] Dokter hardhandig van vliegtuig gesleep

‘n Skermskoot uit die video toe die passasier in die paadjie tussen die sitplekke af gesleep word.

ʼn Video van ʼn man wat van ʼn vliegtuig by die O’Hare Internasionale Lughawe in die VSA af gesleep word omdat die vlug oorvol was, maak wyd opslae.

Die video, wat deur ʼn passasier op die vliegtuig geneem is, is Sondagaand op Facebook gedeel en sedertdien miljoene kere gekyk. Audra Bridges, wat die video op Facebook geplaas het, het daarby geskryf dat die United Airlines-vlug oorbespreek was en dat die bemanning mense voor die voet gekies en beveel het om die vliegtuig te verlaat.

“Hierdie man is ʼn dokter en hy moet môreoggend by die hospitaal wees. Hy wou nie afklim nie,” het sy geskryf. Die video wys dan hoe die man deur twee bemanningslede uit sy sitplek gedwing word, voordat hy skreeuend in die paadjie tussen die sitplekke af gesleep word.

‘n Skermskoot uit die video waarop die passasier se bebloede lip gesien kan word.

Chicago Tribune berig bemanningslede op die oorbespreekte vlug het passasiers aanvanklik $400 en later $800 aangebied om vrywilliglik hul sitplekke op te gee. Toe niemand dit wou doen nie, is vier passasiers voor die voet gekies. Drie het afgeklim, maar die vierde passasier, die dokter, het geweier en gesê hy het pasiënte wat hy Maandag moet behandel.

Drie veiligheidsbeamptes het die man toe hardhandig van die vliegtuig af verwyder. In ʼn tweede video wat op sosiale media gedeel is, kan bloed aan die man se stukkende lip gesien word terwyl hy in die paadjie af gesleep word.

Die vlug het drie ure later opgestyg sonder die man aan boord. Die voorval het wyd kritiek uitgelok en talle passasiers het mense aangemoedig om United Airlines te boikot, kort voor die VSA se besige somerreisseisoen.

Oscar Munoz, die uitvoerende hoof van United Airlines se moedermaatskappy, het sy personeellede verdedig en gesê hulle het die behoorlike prosedures gevolg om die situasie te hanteer. Chicago se lugvaartdepartement het egter die beampte wat die man uit die vliegtuig gesleep het, geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sulet Linde ·

Ek sou die lugvaart gedagvaar het. Dis tog nie die passassier se skuld dat die vlug oorvol is nie. Vir wat laat hulle al die mense opklim – kan hulle nie tel nie?

Baie swak hanteer. Daardie dokter se menswaardigheid is nou aangetas. Hoop hy kon betyds by sy pasiënte uitkom.

Johan ·

Ja nee hell dit lyk of almal in die wereld hulle varkies verloor het…jy betaal vir diens dan word jy soos n misdadiger behandel

Goeie genade!! ·

Goeie genade dit is skokkend. Ek was nou verstom na hierdie video te kyk. Hoop beide die lugredery en die wagte en vlugpersoneel word goed voor stok gekry. Dit is net buitensporig!!!!
SIESA!!!!!!

Johanna ·

Lugrederye doen dit almal. Ek moes ook al ‘n dreigende houding inneem maar was nog op die grond. Wat my verstand te bowe gaan is dat hy moes plek maak vir iemand anders. Kon die ander persoon nie maar gewag het nie?

Danie ·

Lyk vir my probleem le by bespreekings ek neem aan dit is seker mense wat onbevoeg is. Waarom bespreek jy vooraf en kies waar jy wil sit. Sitplekke word mos toegeken aan persoon op n sekere vlug op sekere tyd. Ja ons lewe in laaste dae voor Jesus see koms. Die groot verdruking kom nog. Wees volume moed en rig jou oe op God. Hy sal die weg baan. Geen haar sal van jou hoof val as dit nie Sy wil is nie

Ai tog ·

Alhoewel die woord “vrywilliglik” (4e par.) seker as korrek aanvaar kan word klink die woord “vrywillig” soveel meer korrek om in te pas oor wat gesê word.
Dis amper soos die vieslike woord “huidiglik” (wat nie bestaan) teenoor die korrekte “huidig”.
Ook so “Ek het geprobeer” teenoor “Ek het probeer”. So trap my maar met julle kommentaar.

Cherokee ·

Meer van jou tipe kommentare sal ‘n absolute aanwins wees in forums soos hierdie en dit sal taalgebruik ‘n hupstoot gee. Jy sal egter vind dat forummeesters dikwels nie ten gunste is van enige kritiek, hetsy op wie gerig.

Rudi ·

Ja sjoe… ek bevind dat ek self deesdae per ongeluk “huidiglik” pleks van “tans” gebruik. Ek onthou darem van “proe” en “smaak,” maar dan vang ek myself dat ek “van dit” pleks van “daarvan” gebruik. Selfs as mens weet wat korrek is, kan mens steeds deur taalbesoedeling beïnvloed word :(

Nou-ja-toe ·

Ek stem saam met jou! Sover my kennis strek, gebruik mens nie ‘n “ge” voor ‘n woord wat met “eer” eindig nie: gestudeer! Aaklig. Soos ek WAS gebore. Liewe ouers. Seker die verkeerde platform!

Hanly ·

Hoe kan die vlug oorvol wees? As die vlug net bv 100 sitplekke het, kan daar mos net 100 kaartjies verkoop word en net 100 mense aan boord gelaat word. En hoekom moet jy afklim as jy reeds die kaartjie betaal het. Dis nie asof dit gratis transport is nie

S ·

Elke liewe vlug van SAA is oorboek, en seker ook so ander lugrederye. Ons was ook al met die trick gevang. Hulle “waitlist” mense, en vat dan die mense op first come, first served basis. Ek het al menige engineers gehad wat my van die lughawe af bel en se dat hulle hul vlug, wat geboek en betaal is, geweier is, omdat die vlug reeds vol is. Dit is hoe hulle verseker dat elke sitplek vol is….. Hierdie was net swak bestuur, want hulle moes hierdie arme man eintlik met “check-inn” al kon se dat hy nie die vlug kan board nie…..

Woedend ·

Dit is absoluut skokkend. Hierdie GREEDY LUGREDERYE overbook en hoop mense daag nie op nie ? Hoekom overbook julle in die eerste plek. Die mense betaal tog hulle sitplekke so al daag hulle nie op nie, verloor julle niks nie, maar NEE Julle is GULSIG, julle wil sekere sitplekke TWEEKEER verkoop en hoop mense daag nie op nie. Ons het dit ook met KLM oorgekom op ‘n vlug wat ons ‘n jaar voor die tyd bespreek het, hulle is geensins apologeties nie, hanteer jou soos ‘n vark, al praat jy hoe mooi, word jy en jou bagasie eenkant toe gegooi en jy moet wag tot daar ‘n kansellasie is. Dit is SKOKKEND< ek hoop hierdie dokter sue hulle vir miljoene, ek is keelvol vir magsbeheptheid, mense wat dink hulle het die mag en reg om ander mense rond te sleep en te verneder. ONGESKIK!!Wie het die fout gemaak, en wie is jy om randomly te kies wie moet afklim? BELAGLIK!

Liza ·

Ek het nie woorde vir so iets nie, dis net absoluut swak swak swak……ek skaam my dood vir United Airlines, daardie wagte, en dan word hulle nog verdedig, geen ordenklike mens sal so wil behandel word nie, en after all is hy ‘n Dokter, sies United Airlines mog ek nooit op julle blerry vliegtuig klim nie…….en ek hoop hy dagvaar die lewe uit julle uit…….

Peet J ·

Ai tog : “huidig” moet wees huidige
“geprobeer” bestaan wel asook probeer

Jafta ·

Ja nee, tyd dat die statusbewustes bietjie in die bek geruk word met hul aandrang op spesiale behandeling. Die selfbelangrikes se gedrag maak my soms absoluut siek.

Lou ·

Dis in die eerste plek die lugredery se fout dat te veel mense opgeklim het. As hulle nou wel ‘n problem gehad het kon hulle net gese het dat hulle nie gaan opstyg voordat iemand afklim nie. Dit is ernstige aanranding om die man so te behandel. Hy het ‘n kaartjie en ‘n ‘boarding pass’ gehad. Ek hoop hy ry hulle tot by oom Daantjie in die kallerhok.

Penny ·

Ja hul het die kleinste outjie gekies en uitgegooi ,wens hul het my probeer dan was hulle almal sommer deur die vensters ,skokkend

Justice ·

United gaan nou op die harde manier leer wat dit is om in Amerika gedagvaar te word vir onaanvaarbare, vernederende gedrag en aanranding – na dese sal die dokter vir die res van sy lewe eerste klas kan vlieg en werk omdat hy wil en nie moet nie.

Helen ·

Goeie genade dit maak my bekommerd ons het ook n jaar terug ons vliegtuigkaartjies Kaap toe bespreek en betaal ek hoop nie ons kry daardie probleem nie ek sal n bohaai opskop ek het lank voor die tyd betaal en bespreek ek sal dit nie daar los nie sal dagvaar al kos dit my wat

pieter ellis ·

Hierdie storie maak geen sin nie. Hoe gebeur dit dat die persone alreeds op die vliegtuig is, en dan moet af. Dit is tog nie asof die 4 mense in die gange gestaan en soek het vir n sitplek nie. En is die vier af sodat vier ander kan opklim? Daardie ander passasiers wat net sit en kyk, pateties. Daardie beamptes wat die man afsleep sou ernstig op hulle mh03r gekry het as hulle dit met my probeer het. Ongeregtigheid van die groot maatskappye, en dan verdedig die uitvoerende hoof die aksie. Dit is n PR disaster.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.