Video: Dokters waarsku oor jongste TikTok-uitdaging

Dokters waarsku mense om nie hierdie melkkrat-uitdaging te probeer nie [Foto: Barstool Sports, Twitter)

Gesondheidskenners waarsku die publiek om nie die melkkrat-uitdaging op sosiale media te probeer bemeester nie, aangesien dit bepaalde gesondheidsrisiko’s inhou. Dié jongste uitdaging behels dat ʼn persoon oor ʼn stapel melkkratte wat in die vorm van ʼn piramide gepak is, moet loop sonder om te val.

Video’s van hierdie uitdaging word die afgelope week wyd op TikTok en ander sosialemediaplatforms versprei. Die meeste video’s eindig waar die kratte ineenstort en die persoon op die kratte val.

Volgens dr. Chad Cannon, ʼn dokter verbonde aan die Universiteit van Kansas in die VSA, is die uitdaging uiters gevaarlik.

“Die persoon wat aan die uitdaging deelneem kan val en sy of haar kop stamp. Die persoon kan ook op die melkkratte beland en sy of haar rug breek en verlam word,” het Cannon gesê.

Volgens Baltimore City se departement van gesondheid is hospitale in die VSA (en só ook Suid-Afrika) reeds onder groot druk weens die Covid-19-pandemie. Die departement sê dat hospitale nie die kapasiteit het om pasiënte op te neem wat dalk weens die melkkrat-uitdaging seergekry het en mediese hulp benodig nie.

“Mense wat aan die uitdaging deelneem beter toegang tot die beste gesondheidsversekering hê,” het een van die gebruikers op Twitter geskryf.

Nadat talle gesondheidskundiges hul kommer oor die uitdaging uitgespreek het, het TikTok die opsie om die term “melkkrat-uitdaging” op die platform te soek verwyder.

Volgens hierdie sosialemediaplatform verbied hy inhoud wat gevaarlike dade bevorder of verheerlik en daarom kan gebruikers nie meer na hierdie spesifieke video’s soek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Mel84 ·

Ek dink Johann se comment was bedoel met ‘mense is simpel. Benodig mens regtig ‘n gesondheidskenner om die gevare uit te wys?”

Dis soos jare terug het karboekies mens verduidelik om spark plugs te ruil en hoe om seker te maak jou kar word na gekyk. Vandag se boekies se om asb nie die batterywater te drink nie.

Ek is oortuig die mensdom word dommer.

Harley Davidson ·

Dit kan verwys word na die gesegde as die kop dom is moet die lyf die straf vat.

Hanswors. ·

Jammer hoe ‘n mens moet dink vir ander. Sommiges is nou maar eens net bietjie stadig as dit by dinkwerk kom. Nee wat so stenig ek myself nie. Ou bene groei stadig aan : – )

Vernon ·

Mense wat niks het om te doen nie..dan nog dit afneem en orals plaas! Laat hy val waar hy wil…..

Marlene ·

Ek kan nie glo dat volwassenes so dom kan wees nie. Het hulle NIKS beter om te doen nie! So belaglik

Aai ·

Kry die melk boere se werkers jammer hulle is in besit van melk kratte.

JohanR ·

Ek het ook simpel en dom goed gedoen as ‘n kind en tiener, maar darem nie soe dom dat ek nou my kop, arm of been gaan breek nie. Jy hoef net na die krate te kyk en in jou kop te dink…..dom dom dom, Julius Malema en Floyd Shvambu dom!

piet ·

Daar’s veel gevaarliker dinge om te waag as dit. Ons het byvoorbeeld op ‘n skooltoer in een van Stellenbosch se vroue koshuise tuis gegaan (dit was in hulle vakansie). ‘n Lang gang met so twee trappies af voor die gang weer voortgaan. So ons het seepwater voor die trappies uitgegooi en dan hardloop jy volspoed van die een kant van die gang af. Die idee was om te kyk wie die mees “spectacular” val met die gly en af van die trappe af kon doen. dis gevaarlik…. Hierdie challenge lyk nie vir my so erg nie, kan pret wees vir die jong klomp. Ek sal dit nou nie op my ouderdom probeer nie.

SwartBees ·

Wat word van ons mensdom…..of wag, wat word van die domens…..aaaaargh eks nou deurmekaar.

Johnny ·

Is dit nou regtig so erg om jou kop te stamp of op die kratte te val? Liewe hemel – alles is ‘n risiko en mens moet daarteen gewaarsku word deesdae . . .
Ons het baie erger dinge as dié gedoen destyds.

VaalDonkie ·

Dis oukei om soms seer te kry. Mense gaan nie so maklik dood nie. En stukkende goed kan weer aanmekaar groei. Mense moet kalmeer

Rooikopheks ·

Sinnelose dinge amuseer dom mense, dit is nou maar so!!

Windhond ·

Ek is geensins n ingineur nie, maar kan vir jou reeds se dat jy gaan baie skielik stop as jy van daai piramide afval en nog minder is ek n dokter, maar ek kan vir jou se dat pleisters nie gaan help nie, maar as jy jou masker dra en vir jou inspuiting gegaan het sal jy oukeierig wees

Barney ·

Spreek volumes. Natuurlik het ons narre wat krat dansies doen elke dag langs die verkeerslig so niks nuuts onder die son nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.