ʼn Vrou van New York in Amerika wat vir haar pa se verjaarsdag in Boston was, het twee kinders van verdrinking gered toe ʼn stootwaentjie in ʼn opgaardam beland het.
Die ma van die kinders het met ʼn vriendin staan en gesels toe die twee kinders, onderskeidelik 18 maande en vier jaar oud, in die water beland het.
Die heldin, wat slegs as Rebecca bekend staan, is ʼn voormalige lewensredder en kon haar opleiding gebruik om die kinders te help.
ʼn Omstander het ook ingespring om te help, maar dié vrou kon nie swem nie en het uiteindelik ook aan Rebecca vasgeklou.
Niemand is beseer nie en die polisie het die voorval as ʼn ongeluk beskryf.
Amen!!