Video: Drie “vliegtuie” beland in rivier toe trein ontspoor

Foto: hln.be

Foto: hln.be

Skoonmaakspanne moes Boeing-vliegtuigdele uit ‘n rivier in Montana, Amerika, haal nadat ‘n vragtrein ontspoor het.

Dele van 737-, 777- en 747-Boeing-vliegtuie het in die Clark Fork-rivier beland. Die trein het die dele na die Boeing-monteerfabriek in Washington vervoer.

Lynda Frost, woordvoerder van Montana Rail Link, het gesê 19 waens van die trein het Donderdag ongeveer 10 myl buite Alberton ontspoor. Geen beserings is aangemeld nie. Plaaslike owerhede sal ondersoek instel waarom die trein ontspoor het.

Altesaam 13 van die trein se waens het vrag, hoofsaaklik vliegtuigonderdele, maar ook sojabone en alkohol vervoer. Die alkohol het glo nie uitgelek nie en die sojabone het ook nie gemors nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.