Talle inwoners van een van Dubai se hoogste wolkekrabbers is Vrydag in die vroeë oggendure uit die gebou verwyder nadat ʼn brand vir die tweede keer in drie jaar in die gebou, The Torch, uitgebreek het.
Die polisie in Dubai het gesê die brand het op die negende verdieping van 86-verdieping gebou uitgebreek en opwaarts versprei.
“Die gebou is suksesvol ontruim en geen beserings is aangemeld nie,” het die Dubaise mediakantoor getwiet.
Brandbestryders kon daarin slaag om die brand binne ʼn paar uur onder beheer te bring. Hulle bly op die toneel om smeulpunte nat te hou.
Daar het in 2015 ook ʼn brand in die gebou uitgebreek. The Blaze is tans die vyfde hoogste residensiële gebou ter wêreld.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
…miskien moet hulle die gebou se naam verander… ?
The Torch = The Blaze??
Miskien kan ons iets hieruit leer…
Dit lyk nie of dit die negende verdieping is nie, dis hoog op.
n Torch (hy skyn n ronde boog grond toe) is vir gemoedsrus, n flits (skyn ver in die donker in) is as jy werklik wil sien :)
“In an hour-and-a-half the fire is almost out on about 60 floors, it looks like mostly the outer apartments that are damaged,” eyewitness Rola told the BBC.
She said it looked like the blaze had started on the 50th floor.
http://www.bbc.com/news/world-middle-east-31562099