[Video] Dubai-wolkekrabber in ligte laaie

The Torch. Foto: Via Twitter

Talle inwoners van een van Dubai se hoogste wolkekrabbers is Vrydag in die vroeë oggendure uit die gebou verwyder nadat ʼn brand vir die tweede keer in drie jaar in die gebou, The Torch, uitgebreek het.

Die polisie in Dubai het gesê die brand het op die negende verdieping van 86-verdieping gebou uitgebreek en opwaarts versprei.

“Die gebou is suksesvol ontruim en geen beserings is aangemeld nie,” het die Dubaise mediakantoor getwiet.

Brandbestryders kon daarin slaag om die brand binne ʼn paar uur onder beheer te bring. Hulle bly op die toneel om smeulpunte nat te hou.

Daar het in 2015 ook ʼn brand in die gebou uitgebreek. The Blaze is tans die vyfde hoogste residensiële gebou ter wêreld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

The TORCH.... ·

…miskien moet hulle die gebou se naam verander… ?

SNEL ·

Dit lyk nie of dit die negende verdieping is nie, dis hoog op.
n Torch (hy skyn n ronde boog grond toe) is vir gemoedsrus, n flits (skyn ver in die donker in) is as jy werklik wil sien :)

henry ·

almal dink daai is n woonstel blik maat in the mean time boor hulle olie daar binne – Dis n olie boor op land

cor ·

Ek wonder wie het aandele in daardie blok en hoeveel saners bly daar.

Maggie van Zyl ·

The Torch of The Blaze, maak nie saak nie, maar dit is ‘n heel gepaste naam, haha..

Maggie van Zyl ·

The Torch of The Blaze.. nieteenstaande , ‘n geskikte naam vir die gebou, haha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.