Video duik op van moord op studente

Die Noorweër Maren Ueland. Foto: Facebook

Marokko se polisie beskou die moord op twee blonde toeriste in die Atlasgebergte as ʼn terreurdaad.

Die 24-jarige Louisa Vesterager Jespersen uit Denemarke en die 28-jarige Maren Ueland uit Noorweë is dood aangetref aan die voet van die amper 4 200 m hoë berg Toubkal, berig die Nederlandse dagblad De Telegraaf.

Vier verdagtes, wat die polisie reeds voor die moorde dopgehou het weens hul radikalisme, is in hegtenis geneem. Hulle het na bewering die Deense student se keel afgesny en die Noorweegse student onthoof nadat hulle die twee in hul slaap in ʼn tent oorval het.

Die twee slagoffers was vriendinne wat saam toerisme studeer het in Bo in Noorweë.

Die Deen Louisa Vesterager Jespersen, Foto: Facebook

Dit het intussen aan die lig gekom dat die vroue se moordenaars lede van die terreurgroep die Islamitiese Staat is en ʼn video-opname van die aanval gemaak het, berig die Britse dagblad The Sun.

Die Deense owerheid het bevestig ʼn grusame videogreep wat in die sosiale media versprei word waarop gesien kan word hoe een van die vroue om die lewe gebring word, is eg.

Maar ʼn polisiebron het gesê dit lyk asof die video nie op dieselfde plek verfilm is as waar hul liggame gekry is nie.

Die beeldmateriaal wys hoe ʼn vrou gil terwyl ʼn man haar keel afsny met iets wat na ʼn kombuismes lyk.

Tydens die video kan gehoor word hoe die aanvallers die moorde op die twee vroue in verband bring met Westerse bomaanvalle op Sirië en sê dat dit hul manier is om wraak te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jacqui ·

Daar is nie woorde vir die absolute wreedheid van hierdie mense nie – om twee pragtige jong vroue so barbaars om die lewe te bring. Ek is nou VERSKRIKLIK omgekrap hieroor!

Indien die EU nie drasties planne maak en immigrasie hokslaan nie – kan hierdie soort ding moontlik binne 15-20 jaar gereeld op eie bodem in Europa gebeur soos radikale figure die lande insypel.

My hart gaan uit na die twee dames se families wat in rou gedompel is. Mag hul op ‘n manier berusting vind.

Stephen Namibia ·

The same Liberals who embrace immigrants arriving in the West. The parents should also share the blame for allowing this suicide mission!

Ekke ·

HUH?
Die twee dames was onderskeidelik 24 en 28… hoe op dees aarde kan hulle ouers gedeeltelik blameer word?

PJC ·

Sommige insidente wêrelwyd maak dat ń mens doodeenvoudig wantroue koester teenoor sommige nasies en ook sommige gelowe en dan word ń mens nog verkwalik daarvoor deur die liberaliste.

Hertzog ·

Ekt die video gesien … Nie iets wat mens wil sien nie . Nuus sê hulle het “nek wonde” maar hulle het haar kop heeltemal af gesny . Sy was boonop nog lewendig deur helfte van dit

LD ·

Satans kinders!! Hoe hulle dit reg kry om iemand in die oe te kyk en dit te doen en nog n video maak daarvan is geheel en al die werk van die duiwel in hulle! Hulle sal nie eers omgee as hulleself om die lewe gebring word nie, maak nie saak hoe nie! Hulle is “satans worshippers” en hulle het hulle offers gegee so hulle ewige lewe in hel kan maar begin!

ZAR ·

Ek het ook die video gesien. Ongelukkig. Daar is groot fout met die mense wat dit aan almal rondstuur. Selfs die ouers van die Noorweegse dogter het die video gesien nadat dit aan hulle gestuur is sonder waarskuwing oor wat die video bevat.
Hierdie beelde het my amper ‘n hartaanval gegee, en het my baie ontstel. Ek weet nie hoe die ouers dit sal kan hanteer nie.
Ek doen ‘n beroep op die mense, asb moenie die video verder versprei nie, kom ons wees ‘n voorbeeld en vat die mense vas wat dit aan jou gestuur het. Ons moet respek betoon aan die meisies en hul families.

Poot ·

Askuus…… “die polisie hou hulle al ‘n geruime tyd dop”.
En dit gebeur nogsteeds?

GOD REGEER EN SIEN ·

WAARSKUWING – SOU DIE GELEENTHEID ONTSTAAN OM NA DIE VIDEO TE KYK –
MOET DIT NIE DOEN NIE. DIT IS NIE BEDOEL VIR DIE Oë VAN DIE BESKAAFDE NIE!! ASSEBLIEF!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.