Video: Eerste voorsmakie van ‘Game of Thrones’-voorvolgreeks

Emma D’Arcy en Matt Smith in ‘House of the Dragon’. (Foto: Facebook)

Die eerste lokprent van die komende Game of Thrones-voorvolgreeks, House of the Dragon, is Dinsdag uitgereik.

In die lokprent word die stem van akteur Matt Smith, wat die hoofrol van prins Daemon Targaryen vertolk, gehoor.

Volgens The Hollywood Reporter is die lokprent onthul aan die einde van WarnerMedia se HBO Max se Europese bekendstellingsgeleentheid.

Smith kan gehoor word waar hy sê: “Gods. Kings. Fire. Blood. Dreams didn’t make us king, dragons did.”

House of the Dragon is geskoei op George R.R. Martin se Fire and Blood-reeks en vertel die verhaal van die Targaryen-familie in Westeros en speel 300 jaar voor die gebeurtenisse in Game of Thrones af.

Die reeks sal in 2022 die lig sien.

Saam met die lokprent is nuwe lede van die rolverdeling ook aangekondig, onder wie Wil Johnson as Ser Vaemond Velaryon, John Macmillan as Ser Laenor Velaryon, Savannah Steyn as Lady Laena Velaryon en Theo Nate as Ser Laenor Velaryon.

WarnerMedia het in Maart in ʼn verklaring aan AFP bevestig dat ʼn algehele ooreenkoms van vyf jaar met Martin gesluit is om inhoud vir HBO en HBO Max te ontwikkel.

House of the Dragon is een van ses Game of Thrones-verwante reekse wat deur HBO gemaak gaan word. ʼn Groot verhoogproduksie, wat gemik is op Broadway in New York en die West End in Londen met nuwe akteurs in ikoniese rolle soos die van Ned Stark en Jaime Lannister, word ook beplan.

Kyk hier na die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Grens ·

Hy gaan nie vervolg nie, dit gebeur 200 jaar voor Game of Thrones.

piet ·

Game of Thrones was baie goed. Daar was darem al uitstekende produksies soos: Breaking Bad (beste reeks wat ek al gesien het), Fargo, Queen of the South, Dexter, Lost, ensovoorts.

Jozigirl ·

Ek het nog nooit een episode van Game of Thrones gekyk nie!!!

Misky ·

Fantasties en kan nie wag nie!!!! Hulle sal hulle storie moet ken as hulle nie wil afsteek by die oorspronklike nie, want dit was absoluut puik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.