[Video] ‘Ek’s getroud,’ sê Adele tydens konsert

Simon Konecki en Adele (Foto: Facebook)

Simon Konecki en Adele (Foto: Facebook)

Die Britse sangeres Adele het Sondag tydens ʼn konsert in Brisbane, Australië, bevestig sy en haar lewensmaat, Simon Konecki, is getroud.

Aanhangers bespiegel al geruime tyd of die sangeres en Konecki nie stilletjies afgehaak het nie nadat sy tydens vanjaar se Grammy-toekennings na hom as haar “man” verwys het.

Die egpaar is ook vroeër die jaar met trouringe buite ʼn restaurant deur paparazzi afgeneem.

Haar woordvoerder het dié gerugte egter ten sterkste ontken.

Die sangeres (27) en haar man (42) is glo in 2011 deur die sanger Ed Sheeran aan mekaar voorgestel.

Hulle het ʼn vierjarige seun, Angelo James Konecki, en het vermoedelik middel verlede jaar verloof geraak. Hulle wou egter nie dié inligting aan die media bevestig nie.

Adele het Sondag, voordat sy haar gewilde liedjie “Someone like You” gesing het, gesê: “Daardie gevoel wanneer jy die eerste keer vir iemand val, is die beste gevoel op aarde. Ek is verslaaf aan daardie gevoel. Dis duidelik dat ek nie meer aan die gevoel van die ‘eerste keer’ kan vasklou nie, ek is nou getroud!”

Adele het in 2011 ʼn huishoudelike naam geword met haar album 21 waarop trefferliedjies soos “Rolling in the Deep” en “Someone like You” verskyn het. Sy het in haar kort loopbaan van minder as ʼn dekade al 18 Grammys ingeryg.

Konecki is die stigter en uitvoerende hoof van drop4drop, ʼn liefdadigheidsmaatskappy wat hom beywer vir skoon drinkwater wêreldwyd.

Bron: The Guardian

https://youtu.be/qe7TzM_2Oj4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Luister ·

Ai, die klomp suurknolle. Dit is tog ‘n mooi storie; oor liefde wat waar gekom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.