Video en foto: Man met kettingsaag in nek na hospitaal gehaas

Die kettingsaag in James Valentine se nek

Die kettingsaag in James Valentine se nek

Die video volg onderaan die berig. James Valentine, ʼn boomsnoeier, is Maandagmiddag met die lem van ʼn kettingsaag nog in sy nek na ʼn hospitaal gehaas.

Valentine (21) was besig om die boom te snoei toe die kettingsaag hom getref het. ʼn Kollega het hom uit die boom gehelp en die lem in die wond gelos om die bloeding so veel as moontlik te beperk.

Hy het ʼn noodoperasie ondergaan. Dokters sê die saag het wonderbaarlik sy hoofslagare gemis en net in die spier ingesny. ʼn X-straalplaat wat Dinsdag deur die hospitaal vrygestel is, wys die lem nog steeds in sy nek.

Valentine werk vir ʼn boomverwyderingsdiens. Dominic Migliozzi, die eienaar van die maatskappy het die redding as “ongelooflik” beskryf. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.