Video en foto’s: Elon Musk se vuurpyl, motor op pad na Mars

Foto: SpaceX/Flickr

Die ruimtemaatskappy SpaceX het Dinsdag die kragtigste vuurpyl wat tans in bedryf is van die Kennedy-ruimtesentrum in Florida, VSA, suksesvol gelanseer.

SpaceX, die ruimtemaatskappy van die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk (44), se onbemande Falcon Heavy-vuurpyl het minute voor die tyd om dit te lanseer verstreke sou wees, die ruimte ingeskiet. Dit was ʼn belangrike mylpaal vir SpaceX wat al verskeie suksesvolle lanserings van kleiner Falcon 9-vuurpyle gehad het.

Die Falcon Heavy is 70 m hoog en is deel van SpaceX se ambisieuse doelwit om ruimtevaarders na Mars te stuur. Dit is die grootste en kragtigste vuurpyl wat gelanseer is sedert Nasa sy Saturn V in 1973 gelanseer het.

Musk het voor die lansering in ʼn onderhoud met CCN gesê hy is bewus van die risiko’s. “Ons gaan of ʼn fantastiese vuurpyllansering sien of die beste vuurwerkvertoning nóg.” Indien die vuurpyl sou ontplof sou Musk ook sy Tesla Roadster kwyt gewees het.

Musk se Tesla Roadster wat saam ruimte toe is. Foto: Instagram

Musk, wat ook die uitvoerende hoof van Tesla is, het besluit om dié motor as deel van die vrag in te sluit. Musk het illustrasies op sosiale media gedeel wat wys hoe die kersierooi Roadster van $100 000 aan die vuurpyl vasgemaak is. Hy het gesê die motor se klankstelsel sou David Bowie se “Space Oddity” speel terwyl dit die ruimte ingeskiet het.

Volgens SpaceX word die Falcon Heavy-vuurpyl aangedryf deur drie Falcon 9-tweefase-vuurpyle waarvan die 27 Merlin-enjins saam meer as 5 miljoen pond stuwing ophef, gelykstaande aan dié van ongeveer agtien 747-vliegtuie.

“Die Falcon Heavy is van meet af ontwerp om mense in die ruimte te vervoer en sluit die moontlikheid van missies met bemanning na die maan of Mars in,” het hy gesê.

Nog foto’s volg onderaan die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

fm ·

Hierdie is die begin van snelle en groot tegnologiese veranderinge . Die moontlikhede wat ruimte tegnologie in die nabye toekoms gaan oplewer gaan nogal mense se grense en groter begrip van baie dinge op ‘n massiewe skaal toets.

johan II ·

Kan nog bylas dat hy sy vuurpyle land en weer kan gebruik, die rede hoekom dit vir hom moontlik is. Hy kan byvoorbeeld ook mense op mars land, hervul en terugvlieg. Spacex werk ook aan hul BFR vuurpyl wat nog baie groter is. Daarmee kan hul mense onder 1 uur na enige plek op die aarde skuif! Ons gaan met vuurpyle internationaal begin reis en dit is absoluut puik. NASA lyk my is dood soos meeste staats instellings (behalwe belasting invordering dalk). Elon is iemand om vyn dop te hou hoor…Terloops hy is nie net in SA gebore nie hy het na skool geskuif, sy ma is n Boere tannie (afgely uit haar aksent).

Nico ·

Wat sou die praktiese doel en ‘wins’ daarvan wees om na Mars toe te gaan?

t ·

Enige hoë tegnologie navorsing het voordele vir die gewone man op straat. Selfone, rekenaars, motors, sekuriteit, voedselproduksie, ens. ens. is alles goed wat deur die ruimte navorsing bevoordeel en of moontlik gemaak was en nog steeds sal word.

Reik na sterre ·

Mooiman Elon …Bou voort asb bou sommer “tronk” daar sodat dié wat verwyder móét word van radar AF is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.