Video en foto’s: Kameelperd sê totsiens aan sterwende dieretuinwerker

Foto1ʼn Dieretuinwerker, wat aan terminale kanker ly, het in sy hospitaalbed finaal totsiens gaan sê aan die diere wat hy versorg het.

Die 54-jarige man, slegs bekend as Mario, het glo net weke oor om te leef. Mario het by die Diergaarde Blijdorp-dieretuin in Rotterdam, Nederland gewerk waar hy onder meer daarvoor verantwoordelik was om die kameelperde se kamp skoon te maak. Mario se laaste wens was om totsiens te sê aan die diere wat hy versorg het. In ʼn hartroerende oomblik het een van die kameelperde na Mario se bed gestap en totsiens gesê met ʼn soen.

Die Stichting Ambulance Wens Nederland het Mario se laaste wens vervul. Die organisasie bestaan uit ʼn groep van sowat 200 vrywilligers en het ten doel om terminale siek pasiënte, wat nie meer kan loop nie, se sterftewense te vervul.

Foto2

Die foto’s en video in die berig is deur die Stichting Ambulance Wens op sosiale media beskikbaar gestel.

http://youtu.be/FW5SRBfBjYQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jasper ·

Ek dink as diere kon praat, sou die mens as een van die laagste ordes gereken gewees het.

Christa ·

God se skepping is amazing. Om die lewe en als daarin met respek te eer en liefde te toon deur ons dade, sal ‘n rykdom van seeninge aan ons terug besorg, al is dit iets “eenvoudigs” soos ‘n totsiens soentjie van ‘n dier (wat mensdom geleer is om minder te ag) klein dade soos DIE, is wat liefde en genade laat voortleef.

jc ·

Ek neem aan niemand het gesien hoe die kameelperdjies na Mario toe gelok is met ‘n koppie vol kos nie? En hoe die een kameelperd nog rondgesoek het vir kos toe hy vir mario “soen” nie… Dit is hartseer, maar dis nou nie asof die kameelperd na hom toe geloop het en ‘n soen gegee het nie…

Anne ·

Ja werklik en ons almal het gedink die kameelperd het op sy eie soontoe geloop, hoekom altyd die mooi met snedige opmerkings bederf

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.