Video en foto’s: Olifant ‘huil’ na redding

Die video volg onderaan die berig.

10462440_10152239601288526_2962759466433051508_n‘n Foto van ‘n olifantbul wat ‘huil’ nadat hy glo ná langer as 50 jaar uit aanhouding gered is, het sosiale media aan die gons.

The Mirror berig dat Raju vir langer as 50 jaar in kettings aangehou en mishandel is in die strate van Indië. Raju het glo ook baie min kos gekry en het soms plastiek en papier geëet.

Volgens die berig het dit egter nou alles verander nadat Raju deur Wildlife S.O.S, ‘n welwillendheidsorganisasie, gered is tydens ‘n waaghalsige middernagtelike operasie.

Daar was glo ‘n span van 30 mense insluitend veeartse, wildkenners en polisiebeamptes by die reddingspoging betrokke. Die reddingspoging het gevolg na ‘n hofaansoek.

Sommige kenners glo dat olifante net soos mense huil wanneer hulle deur emosie oorweldig word. Raju word nou by Wildlife S.O.S se olifantbewaring- en sorgsentrum aangehou. Hy sal eers in afsondering aangehou word om mediese sorg te ontvang voor hy by twee ander olifante sal aansluit.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

RAJU, my hart gaan uit na jou – so onmenslik wat aan jou gedoen is.

Dis so wreed !

Welkom terug na ‘n abnormale 50 jaar van kettings en erge mishandeling.

AmY ·

Hartroerend. 50 jaar is darem maar ‘n baie lang tyd. Ek is baie bly die redding het goed afgeloop.

Milan ·

Dit is verskriklik. Daar moet aan daardie mense gedoen word wat hulle aan die olifant gedoen het. Geen dier verdien enige so iets nie!

Eben ·

Pragtige stories … waar woorde ook aan jou Trippie.

Ek hoop ons kan eendag die ‘Before’ en ‘After’ fotos sien!

Trippie ·

Die arme dier is so maer – ek het met skok en afgryse gestaar na die foto’s, en daardie kettings gaan my ‘n leeftyd by bly. Groete

Dirkie ·

Wat moet nog kom? Nes ek dink ek het nou alles gesien en gehoor, dan kom daar weer iets by.
Hoe sê die Skrif? Die liefde wat afgeneem het in die laaste tyd. Ons sien dit om elke hoek en draai.

Paul ·

Dis al wat gebeur het Dirkie, jy SIEN dit nou. Dit het voorheen ook gebeur, maar dis nou eers, met die internet en soos internettoegang die wêreld oor uitbrei, wat jy dit al meer en meer sien. Die internet bring vir jou veelvoude meer inligting as voorheen uit wêrelddele waarvan jy nooit in die koerant sou gelees het nie. Dit beteken egter nie dit het nie voorheen gebeur nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.