Video en foto’s: Openingsgeleentheid van die 2016 Olimpiese Spele

Die span van Suid-Afrika. Foto: AP Photo/Michael Sohn

Die span van Suid-Afrika. Foto: AP Photo/Michael Sohn

Die 2016 Olimpiese Spele se openingsgeleentheid in Rio de Janeiro het dalk nie die swier van Beijing sʼn in 2008 of die gesofistikeerde elegansie van Londen sʼn in 2012 gehad nie, maar dié gasheerland het wel gewys dat ʼn klein begroting ook ʼn groot impak kan hê.

Die 2016 Olimpiese Spele se opening sal nog lank onthou word vir kleur, verbeelding, passie en ʼn diepgaande boodskap van hoop. Sowat 21 miljoen Amerikaanse dollar is op dié vier uur lange skouspel in Rio se Maracana-stadion bestee.

Die opening het begin met ʼn video van twee minute wat wys watter integrale deel sport het in Rio se leefstyl. Die geleentheid het verder gefokus op die Amasone-streek, slawerny, klimaatsverandering en kontemporêre Brasilië.

Die atlete wat deelneem het almal ʼn saadjie en ʼn houer vol grond ontvang. Die meer as 11 000 saadjies sal in Radical Park by Rio se Deodoro Olimpiese-perseel geplant word. Die 207 verskillende soorte Brasiliaanse bome wat op dié manier geplant is, dui op die 207 deelnemende lande.

Foto: AP Photo/Gregory Bull

Foto: AP Photo/Gregory Bull

Die voormalige langafstandatleet Vanderlei Cordeiro de Lima het die eer gehad om ʼn houer aan die brand te steek waarna dit in ʼn hibriede kookpot ingehys is en die vlam tot stilstand gekom het voor ʼn glinsterende beeld wat die son verteenwoordig.

Die 2016 Olimpiese Spele is die eerste spele wat deur ʼn Suid-Amerikaanse land aangebied word en die tweede spele in Latyns-Amerika. Die medaljes op vanjaar se spele het ʼn unieke vorm – die medaljes is dikker in die middel in vergelyking met die buiterande. ʼn Totaal van 2 488 medaljes is vir vanjaar se Olimpiese Spele gemaak – 812 goud, 812 silwer en 864 brons.

Sewesrugby en gholf is twee van die sportsoorte wat vanjaar ingesluit is en nie deel was van die Spele in 2012 nie.

ʼn Rekord aantal spanne neem aan vanjaar se Spele deel – 208 spanne insluitend ʼn paar nuwe spanne naamlik Kosovo, Suid-Soedan en ʼn vlugtelingspan.

Nog foto’s volg onderaan die video.

https://youtu.be/nWqDr2d5rSM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

M'Lady ·

Die Suid-Afrikaanse span se kleredrag lyk afskuwelik. Nog leliker as die vorige jare. SA steek sleg af teenoor die ander lande. Wie ontwerp en maak hierdie klere? Skande.

Leon Pit ·

Stem dis nie geleendheid nie dis n verleendheid om in sweetpakke jou Land bekend te stel is pateties man. Kyk na die ander lande mooi broeke met baadjies dis hoe dit gedoen moet word. Seker omdat ons n derde wereld land is

Willem ·

Ek stem saam maar vergelyk met Sjina, Sjina is derde wereld en kyk na hul pragtige uitrustings

Voorlaaier ·

@Willem
China is alles behawe derde werelds.Hulle is die 2de grootste ekononie ter wereld ( binne 5 jaar die grootste). Hulle weermag val net agter Amerika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.