Video en foto’s: Prins Harry en Meghan wys hul baba

Foto: (Dominic Lipinski/Pool via AP)

Prins Harry en sy vrou, Meghan, het Woensdag hul seuntjie vir die wêreld gewys.

Die hertog en hertogin se seuntjie is op 6 Mei gebore en het 3,3 kg by geboorte geweeg. Hulle het Woensdag vlugtig die media te woord gestaan.

Dit is intussen nog nie bekend gemaak of die seuntjie al ʼn naam het nie. Prins Harry het vroeër die week aan verslaggewers gesê die egpaar dink nog aan name.

Baba Sussex is die sewende aanspraakmaker op die Britse troon en koningin Elizabeth II se agtste agterkleinkind.

Foto: (Dominic Lipinski/Pool via AP)

Die baba is ook half-Amerikaans en kan moontlik gedeelde burgerskap hê, aangesien Meghan, ʼn boorling van Kalifornië, nog ʼn Amerikaanse burger is terwyl sy wag dat haar Britse burgerskap goedgekeur word. Die baba is ook die eerste veelrassige Britse koninklike in eeue. Meghan se pa is wit en haar ma swart.

Die paleis het gesê Meghan se ma, Doria Ragland, was “verheug oor die aankoms van haar eerste kleinkind” en is tans by Harry en Meghan by die Frogmore Kothuis, die koninklike huis op die Windsor-terrein waar die egpaar en hul personeel woon.

Harry en Meghan is in Mei 2018 by die St. George’s-kapel in Windsor naby Londen getroud en het in Oktober aangekondig hulle verwag hul eersteling. Die egpaar het in November 2017 verloof geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Tollies ·

Baie bly vir hulle Baie geluk die seun sal groot vreugte vir julle wees, Harry dit is jou trots
en lyk ook soos jy kan nie wag vir al die meneertjie se kaskenades mag hy sommer baie
oulike toertjies voor die kamara uit haal

LBS ·

Hopelik word hy net so prettig groot soos sy Pa. Harry was altyd die “down to earth” een. Baie geluk!

Basjan ·

LBS, Harry is eintlik uit die gewone stand, net soos sy pa. Dit is nou sy regte pa.

C ·

Wat maak dit saak? Hy is ‘n geskenk van God. Wat het ras met enige iets te doen?

Abe ·

Sinies,
Weet jy dat van al die eienskappe wat die mens deur al die eeue in sy DNS saamgedra het, is ras die minste belangrik en net swape steur hulle enigsins daaraan.

Deon ·

Ek volg eerder plaaslike mense in nood as mense wat hulself beter as ander ag.

Patch ·

Deon, miskien moet jy gaan nalees oor alles wat hierdie twee mense vir mense in nood doen. Hoekom moet mense soos jy altyd net kritiek lewer. Wens eerder die egpaar geluk. En wat “hulself beter as ander ag” betref … Trek die skoen aan as dit jou pas.

Stuiwer ·

Deon, as jy nie hierdie nuus wil volg nie, waarom neem jy dan aan die “gesprek” deel? Dit wys mos jy het die artikel gelees. Kan dit dalk nuuskierigheid wees?

DS ·

Geskenk van Bo en te pragtig. Sinies gaan werk in jou tuin of spring in die swembad maar moet asseblief nie verdere negatiewe siniese kommentaar lewer nie! Net bly om te sien Meghan is soos meeste normale vroue wat paar dae na geboorte nog “magie” het..

LBS ·

Nou praat jy! Ek het ook nogal hieroor gewonder, Catherine was sommer weer rietskraal. Maar ek sou sê normaalweg verdwyn daai magie nie so oornag nie.

Christine ·

Geluk Harry en Meghan, mag Baba Sussex julle baie vreugde verskaf.

Hannetjie ·

Sienies….wat maak ‘ras’ saak…. mense kan tog so simpel wees.Die baba is pragtig , bogger wat die res van die wereld dink

Andreas ·

Nog nie ‘n naam nie? Terloops, die geskenke waaroor ek onderaan ‘n vorige berig, hier op die webwerf, kommentaar gelewer het, is aangeskaf, die hooftooisel vir die mannetjie het ‘n lang stert van kleurvolle vere en hang al daar in die stalle, té pragtig. Die skimmelperd is ‘n jong hings, op en wakker, ek het juis so tydjie gelede vandag die perd gaan roskam, aanvanklik het hy so na die een kant toe gebeur, op die agterpote gekom en gerunnik, dit toe later aanvaar, daarna het ek vir hom voer uitgesit en gekyk dat daar water is.

Die perd het nou al ‘n naam, Duke en dié sal ons nou grootmaak en later ‘n toom, Engelse saal en so gaan koop, dis nou die dag as die prinsie darem al so vyf jaar oud is, dan sal ons hulle aan mekaar bekendstel.

Griet ·

Oooeehhh…dit klink of jy,jouself baie goed gekwyt het van jou taak,Andreas en toe gompouvere kón gekry het…?
Dis nou net, dat HaarMasjesteit,dit nog moet goedkeur,met haar upstairsgeit…

Andreas ·

Maar Haar Majesteit, weet ek, sal nie upstairs wees nie, sy kén mos van, én ek het fyn smaak. Dan sal ek hulle, as hulle weer hier in SA ‘n draai maak, uitnooi dat hulle kom kyk.

Griet ·

Doen net jou ‘hightea’ reg Andreas, dan sal oumagrootjie,jou oulike geskenk ‘keur’?

Hendrik ·

Gaap … daar word elke sekonde meer as 4 babas in die wêreld gebore – wat maak die een se lewe soveel meer werd dat hy al hierdie aandag verdien?

JOE ·

@HENDRIK, en daar word hoeveel mense vermoor ter wereld, maar tog wil jul he “plaasmoorde” moet berig word? Wat het die boere gedoen om die aandag te verdien?

? leser ·

markle voel so ongemaklik met die petalje dat jy dit met ‘n stok kan aanvoel
sy moes eerder van haar hare ontslae geraak het voor die “seremonie”

Griet ·

Siestog,LESER…kom ons bid maar vir haar! ? glo nie jý of ek,sou veel beter gevaar het,met al die protokol en tradisie nie

Willemien ·

LBS, sy is ‘n aktrise. Sy kan enige rol speel, hang af van die okasie.

Griet ·

Baie Seën en voorspoed vir jou ou kleine prinsie,wat ook nou nié,jou ouers kón kies nie. Mag Sy Engele,jou Bewaar al die dae van jou lewe en jou OPLIG OP VLERKE VAN GELOOF as die wêreld en mense wreed en jaloers is en raak op jou..
JYS DIE OOGAPPEL VAN SY HART

Jozi ·

Sinies,
As ons almal die dag by die punt kan kom waar ons verby die kleur (ras) kyk en die ander persoon raaksien en respekteer vir wie hy of sy is MAG die wêreld heel moontlik ‘n baie beter plek raak.
Ons is almal dieselfde in God se oë.
Jy hou duidelik dalk minder van mense wat donker of blas van gelaat is en dis seker maar jou keuse.
Hierdie gaan oor ‘n baba, ‘n nuwe lewe, ‘n geskenkie van Bo.
As jy nie kan of wil deel in die opwinding mbt die geboorte van ‘n pragtige en gesonde baba waarvan die moeder nie heeltemal so bleek is soos die res van die
Koninklike familie nie, is dit maar ‘n hartseer sakie.

Griet ·

Die meeste mense in die land,is gladnie reg hiervoor nie JOZI…ongelukkig nie!
Hulle hap,byt,kritiseer en baklei baie beter

? leser ·

@griet
sy kon gewag het dat sy ordentlik wakker geword het en dan “reggemaak” het vir die seremonie

Karin ·

Leser is seker n obese huis vrou wat geld by eksman nog ontvang. Ek kan jou belowe dat Meghan op haar slegste steeds beter as jy op jou beste lyk.

Stuiwer ·

leser, ek wil nie in haar skoene wees nie, want die hele wêreld se oë is op haar. Sy moet nou gewoond raak aan ma-wees en nog mense soos jy se snedige opmerkings probeer hanteer.

DS ·

Leser duidelik is jy nie ‘n ma nie! Sy mag moeg wees miskien was dit’ n moeilike bevalling. Hoekom moet sy PERFEK gelyk het? En as sy “perfek” gelyk het dan het jy seker daaroor ook ‘n eiertjie te le gehad. Los die vrou sy is net ‘ n mens soos ons almal.

Denise ·

Dankieeeee tog,ek kon net ek wees, na my seuns se geboorte…
Dankieeee tog,protokol het geen verpligte fotosessie en video’s vereis…met spul kritiese oë en tonge,ook nog daarby!
Dankieee tog, Vader…vir my alleenwees en bondtye met my seuns,in my privaatheid en vryheid,soos ek wou en kon

Abe ·

Leser,
Sy het vir my pragtig gelyk, opgewekte trotse nuwe ma wat weet hoe om haar in geselsskap te gedra sonder om opgesmuk of vals (wat jy “reggemaak” noem) te wees.

jaco ·

almal wat nou so hoogheilig aandui dat ras nie saak maak nie, het seker gerieflik vergeet hoeveel rassisme daar in die ou British Empire was. Oral waar hulle kolonies gehad het, is mense wat nie wit was nie, onderdruk. selfs wit mense wat nie hulle taal gepraat het nie, soos die Iere en die Afrikaners, is ook onderdruk. En waar kom meeste apartheidswette en die tuislandstelsel vir swart volke in SA vandaan? Ons Afrikaners het dit maar net by die Britte oorgeneem en verbeter/vererger/vervolmaak.

bambi ·

Wat n pragtige paartjie met n perfekte ou seuntjie! Daai gaan n klein hartebreker wees! Megan bly beeldskoon en Harry n aantreklike man!

Ilze ·

Die kleinding se naam is Archie en hy ontvang geen titel nie.

Karl ·

@Ilze, die Queen gee gewoonlik eers die titel minstens 10 dae na geboorte. Soos sy met Prinses Charlotte en boetjie gemaak het.

Hester Schoeman ·

Ek geniet Maroela Media. Pensioen laat nie lidmaatskap fooie toe nie

Annie ·

Archie Harrison Mountbatten-Windsor

Sy naam is bekend gemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.