Video en foto’s: Wêreld se grootste fontein onthul  

The Palm-fontein in Dubai het pas Guinness World Records gehaal as die wêreld se grootste fontein.

Die fontein wat meer as 7 000 m² beslaan, is by The Pointe-winkelsentrum op die mensgemaakte eiland Palm Jumeirah geleë.

Die fontein kan water meer as 105 meter die lug inskiet en daar is meer as 3 000 LED-ligte in verskillende kleure wat die lugruim oor die oseaan ophelder.

“Ons by Guinness World Records is verheug dat The Palm-fontein nou amptelik die titel van die grootste fontein [ter wêreld] het,” het Shaddy Gaad, senior bemarkingsbestuurder van dié publikasie gesê.

“Hierdie fontein is ʼn voorbeeld van nóg ʼn mylpaal in Dubai se argitektoniese prestasies en ons is opgewonde om dit amptelik as asemrowend verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joe Olivier ·

Lekker om iets positief te en mooi te sien in n land wat vooruit gaan. In SA het ons vroeër ook sulke mooi dinge gehad bv die fontein by Verwoerdburgstad. Alles het intussen ten gronde gegaan onder die anc

Danie ·

Alles deel van die ontwikkeling van ‘n land wat glo in wet en orde.
Al moet die vrouens ongelukkig so nou en dan keer vir ‘n pak slae of ‘n paar klippe.

Cherokee ·

Is dit moeilik om erkenning te behaal by Guinness World Records?
Ek dring ook aan op ‘n erkenning, maar weet nie waar om attent te maak.
Ek is die oulikste mansmens in ons woning van twee.
My vrou kan aandring op dieselfde wen-status in haar kategorie.. WOW, eintlik baie meer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.