[Video en foto’s] William en Harry onthou prinses Diana

Diana en haar twee seuns, Harry (links) en William

Prinses Diana se twee seuns, prins William en prins Harry, het Woensdag, op die vooraand van die 20ste herdenking van haar afsterwe, ʼn gedenktuin by Kensington-paleis besoek.

Diana is Donderdag 20 jaar gelede, op 31 Augustus 1997, oorlede in ʼn motorongeluk in Parys.

William se vrou, die hertogin van Cambridge, het die twee broers vergesel en hulle het ook met verskeie liefdadigheidsorganisasies, wat ter nagedagtenis van Diana gestig is, gesels.

Die tuin is vol wit blomme en word toegewy aan die prinses. Dit is die vierde gedenkteken in Londen wat ter nagedagtenis van Diana ingerig is.

Haar twee seuns het onderneem om haar liefdadigheidswerk voort te sit.

Weke voor die herdenking is daar reeds wêreldwyd daaroor berig terwyl die publiek “die mense se prinses” onthou.

Maroela Media het ook vroeër die Associated Press se korrespondent, Christopher Burns, se oorspronklik berig van 31 Augustus 1997 gepubliseer. Lees dit hier en sien nog foto’s van Diana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Liza101 ·

Sy was ‘n pragtige vrou! Prinses Diana se dood is een van die oomblikke in geskiedenis wat ek presies kan onthou waar ek was toe ek die nuus gehoor het. Dit was voorwaar ‘n tragedie, sy het die grense verskuif tussen die koninglikes en die mense.

Swapie ·

Stem saam. Pragtige vrou wat hopeloos te vroeg weggeneem is.

Tannie ·

Ek sukkel om te verstaan hoekom iemand wat soveel goed gedoen het, so kort geleef het. En ander wat soveel probleme veroorsaak (soos Mugabe en Zuma), lewe so lank….

Fred ·

Waarom krap die media nou weer, na al die jare, Diana se storie oop ?? Sy was nie dalk ‘n nooi van Jaarsveld voor haar troue nie ??

Hannelie ·

Fred gaan speel in die verkeer. Niemand krap niks oop, daar is mense wat nogsteeds omgee en opkyk na ‘n eens pragtige prinses, te vroeg weggeneem van haar 2 seuns.Is jou van Van Jaarsveld? Jy moet koerant koop my ou en dan sal jy dalk op hoogte bly van vars nuus al om die uur.

Lollie ·

Spreekwoord sê: Only the good die young. Beslis die waarheid! Sy was beeldskoon en pragtig van binne en van buite. Glo nie daar sal ooit weer so iemand soos sy wees nie. Paleis en die koninklikes was ALTYD in die nuus maar na haar afsterwe is daardie klomp nie meer vir die mense van belang nie. Diana kon koningin gewees het en die wêreld sou aan haar lippe hang maar die suurknol wat nou koningin is interesseer niemand nie. As ek net ń 10de was wat Diana was dan was ek ń wonderlike mens. Sy het oorgeloop van alles wat mooi en goed is. Lank lewe Lady Diana!

christa ·

gewoonlik kry goeie vrouens slegte mans en andersom. Sy was ‘n wonderlike vrou, ma en persoon gewees. Ek sal haar onthou tot my dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.