Disney, Engeland se kleinste babahondjie, weeg minder as ʼn pakkie suiker en is 9.3 cm hoog.
ʼn Video van Disney is baie gewild op YouTube danksy die oulikheidsfaktor van dié klein Chihuahua wat sedert sy agt weke oud was, nog nie weer gegroei het nie. Sy is nou 14 weke oud, en indien sy dié pas kan volhou, sal sy binnekort die Guinness-wêreldrekord voor Miracle Milly, ʼn 9.6 cm-hoë Chihuahua van Puerto Rico, wegraap. Miracle Milly weeg 453 gram.
Natalie Vanes (26), Disney se eienaar, moet haar van haar ander drie honde weghou, sodat hulle haar nie dalk met ʼn speelding kan misgis nie.
Berig is nie duidelik genoeg.
Gaan dit oor hoogte en/of gewig ?
Wat weeg die hondjie ? “Minder as ‘n pakkie suiker” sê nie veel vir die rekord.