Video: Engele op vier pote

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Vrou met Parkinson se siekte wat geval het, se twee honde het haar twee dae lank aan die lewe gehou.

Judy Muhe (76) van Palmdale in Kalifornië, Amerika, het aan Leo Stallworth van ABC7 News vertel hoe haar twee apporteerhonde haar aan die lewe gehou het nadat sy in haar kombuis geval het. “Hulle was self ook sonder kos en water, maar hulle het by my gebly,” het sy gesê.

Sy sê die honde het by haar gebly en langs haar bly lê om seker te maak sy is gemaklik. Muhe het Parkinson se siekte en die koue op die teëlvloer kan baie gevaarlik wees vir haar.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marco Pretorius ·

‘n Hartseer storie met ‘n blye en dankbare einde. Ja, mens se beste vriend is verseker jou vierbeen-engele.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.