Video: Franse president deur gesig geklap

Pres. Emmanuel Macron. (Foto: PHILIPPE DESMAZES/POOL/AFP)

Twee mense is in hegtenis geneem nadat pres. Emmanuel Macron van Frankryk tydens ʼn besoek aan die ooste van die land deur ʼn omstander deur die gesig geklap is.

Foto’s en video’s van die voorval word intussen wyd op sosiale media versprei. Daarin kan gesien word hoe Macron na ʼn versperring stap en ʼn man groet voordat die man die president deur die gesig klap.

Macron se lyfwagte tree onmiddellik tussen beide en volgens plaaslike beamptes is twee mense kort na die voorval in hegtenis geneem.

“Die man wat die president geklap het en nog ʼn individu word tans deur die Franse polisie ondervra,” is daar in ʼn verklaring bevestig.

Die voorval het in die dorpie Tain-l’Hermitage in die Drome-streek plaasgevind. Macron is tans besig met ʼn landwye toer vir die volgende twee maande ten einde kiesers persoonlik te ontmoet in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Snowball

Un coup de foudre!

melaney

Ek het gewonder wanneer die dag sal opdaag.

Pieter

Bel vir ou cyril of cele hulle sal jou help.

Tubac

Ai Tog! n Mens kan maar net wens.

Boerkind

Stuur daai ou hierheen…