Video: Gays mag nou oral in VSA trou

Foto: AP Photo/Jacquelyn Martin

Foto: AP Photo/Jacquelyn Martin

Die Amerikaanse hooggeregshof het beslis dat paartjies van dieselfde geslag die reg het om enige plek in die VSA te trou.

Die uitspraak het tot gevolg dat gay paartjies nou al in 50 deelstate mag trou waar dit voorheen net in 36 deelstate wettig was. Die uitkoms is die resultaat van twee dekades van litigasie in die hooggeregshof oor gay-huwelik, en die regte van gays in die algemeen.

Die beslissing sal egter nie onmiddellik van krag wees nie aangesien die hof die “verloorkant” sowat drie weke gee om ʼn heroorweging te versoek. Die sake voor die hof het betrekking op verskeie deelstate se wetgewing wat die huwelik definieer as verbintenis tussen ’n man en ’n vrou. Die deelstate het nie toegelaat dat paartjies van dieselfde geslag binne hul grense trou nie en het ook geweier om geldige huwelike van ander deelstate te erken.

Volgens die Williams Instituut by die Universiteit van Kalifornië is daar ʼn geskatte 390 000 paartjies van dieselfde geslag in Amerika wat reeds getroud is. Sowat 70 000 paartjies woonagtig in deelstate waar hulle tans nie mag trou nie, sal na verwagting in die volgende drie jaar trou. Volgens die instituut is daar nagenoeg 1 miljoen paartjies van dieselfde geslag, getroud en ongetroud, wat saamwoon in die VSA.

Die Obama-administrasie het paartjies van dieselfde geslag se reg om te trou ondersteun. Pres. Barack Obama het in 2012 sy steun toegesê aan gay-huwelike.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peet Schabort ·

Die ‘troue’ is seker SONDER die REGTE BYBEL ?
Nou gaan my kop seker waai ?!!!!

Johannes ·

Nee Peet jy is reg die REGTE BYBEL se dis verkeerd en ek haal aan “GOD SAID IT AND THAT SETTLES IT”

Hennie ·

Amal glo die bybel dat jy nie met n dier mag sex het nie hoekom glo die gays nie wat die bybel van gay huwelike se nie

Chris ·

Hoekom glo die mense ook nie dat die bybel sê jy mag nie egbreek pleeg nie en dat jy nie mag skei en dan weer trou nie? Die bybel is n versameling van ou antieke boeke met goeie en slegte raad wat deur mense geskryf is. As alles wat in die bybel is waar is dan het God ook volksmord inspireer. Dan kan mens nie vinger wys na moslem ekstremiste nie want die bybel is propvol onaanvaarbare opdragte.

Cathy Kotze ·

Daar word ook in die Bybel gesê dat egskeiding verkeerd is. Hoeveel is skuldig hieraan?

Hou die Bybel uit hierdie gesprek. Ek ken baie uiters gelowige Gays wat al lankal hulle goue bruilof kon gevier het.

Jaco Prins ·

Cathy, jy kan nie uiters gelowige wees en gay nie. Jý kan nie in sonde leef en met jou hele hart Jesus dien nie, jy kan nie God en Mamon dien nie. Om Jesus te dien kry jy immers jou vrye keuse terug en is jy in Christus en nie in sonde nie. Wanneer ‘n gay persoon tot ware bekering kom is die proses baie duidelik. Verder is die huwelik ‘n Goddelike instelling en iets wat nie tussen dieselfde geslag kan of mag gesluit word nie maar slegs tussen ‘n man en vrou en hulle God.

Cathy Kotze ·

Jammer Jaco, jy’s blykbaar ook een van die wat glo in verskeie grade van sonde. Egskeiding is volgens die Bybel ook sonde.

Gaan lees daarom in Mattheus 19 vers 12 wat Jesus self gesê het.

Intussen het ons almal aangepas. Ons stenig nie meer mense nie. Ons eet varkvleis en skulpvis. Gays wat lief is vir mekaar kan maar trou. Onthou, Jesus het gesê daar is mense wat van geboorte af soos hulle is. (re die Mattheus versie).

KarooKlong ·

Cathy,
Jy weerspreek jouself in jou twee kommentare. Staan by jou eerste besluit naamlik om die Bybel uit hierdie gesprek te hou.
Jammer om jou te korregeer maar jou interpretasie van die gemelde verse in Mattheus is nie korrek nie.

Juan Olivier ·

Wat ‘n nederlaag vir vryheid. Hulle het state waar hulle kon trou maar nou wil hulle dit op al die state van die VSA af druk. Die wêreld is siek met Marxisme. Van die skewe mense raak al net so erg soos die feministe.

Francois ·

Niemand sal my keer om met my eie geslag te trou nie. Inteendeel het ek reeds! Ons is al langer saam as baie van julle hierbo – het julle al gewonder, deur jul uitkyk op die lewe of jy nie jou seun of dogter dwing om die dinge agter jul rug te doen nie – hulle te weerhou van geluk om SAAM te wees. Weet julle 100% dat nie een van jou kinders gay is nie – wat maak jy dan? Gaan jy hom/haar onterf of weggooi soos ‘n dier? God het MY net so lief as ander, so almal van julle hierbo wat so kerm oor gay troues of gay dit en dat. Staan bietjie treug en kyk self of JY nie agter die deur staan nie – watse sonde doen JY elke dag wat die bybel sê is verkeerd…dis 2015, beweeg aan en raak daaraan gewoond!

Deon Kruger ·

Wat my aan betref is dit sinneloos om oor hierdie onderwerp te redeneer. ‘n “Huwelik” tussen twee mense van dieselfde geslag is doodeenvouding NIE ‘n huwelik in God se oë nie, of hulle dit nou glo of nie, verander NIKS aan die feit dat dit verkeerd is in die oë van God nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek oordeel nie, maar ek kan beslis ook nie saamstem met iets wat duidelik volgens die Bybel nie reg is nie.

Anneke Louw ·

Homofobie is nog ‘n nekslag toegedien. Mag die gay pare wat nou gaan trou lank en gelukkig saam lewe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.