Video: Geen teken van vermiste vliegtuigwrak ondanks “voorwerp van belang”

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Video volg onderaan die berig. Tony Abbott, eerste minister van Australië, het Woensdag gesê die soekspan moet weer besin oor sy strategie, nadat geen wrakstukke nog van die vermiste vliegtuigwrak van Malaysia Airlines opgespoor is nie.

Die vliegtuig het op 8 Maart, een uur nadat hy van Kuala Lumpur opgestyg het, met 239 mense aan boord, verdwyn.

Die soektog is moontlik reeds die duurste soektog ooit in lugvaartgeskiedenis, maar Abbott het bevestig die internasionale poging sal nie taan nie.

ʼn Afstandbeheerde duikboot van die Amerikaanse vloot, die Bluefin 21, het reeds ongeveer 80% van die huidige soekgebied gefynkam vir die wrak van die Boeing 777. Die Bluefin 21 skep ook ʼn 3D-sonarkaart van die seebodem, maar niks van belang is tot dusver opgespoor nie.

Die soekgebied is 1 548 km noordwes van Perth. Die soekgebied val binne ʼn 310 vierkante kilometer-gedeelte van die oseaan en is bepaal deur die laaste seine wat moontlik van Vlug MH370 se vlugopnemer ontvang is.

Intussen het die Maleisiese regering aangedui dat hy binnekort doodsertifikate vir die vermiste persone wil uitreik. Die familielede van die passasiers het dié besluit ten sterkste veroordeel. “Ons, die familielede van MH370, glo dat hulle geen reg het om dié saak af te handel voordat daar nie uitsluitlike bewyse is dat die vliegtuig neergestort het sonder enige oorlewendes nie,” het die groep, United Families of MH370, in ʼn verklaring gesê.

ʼn “Voorwerp van belang” het ook intussen aan die kus suid van Perth uitgespoel, taamlik ver van waar die soektog op die see-oppervlak plaasvind. “Hoe langer ons die foto’s bestudeer, hoe minder opgewonde is ons dat dit dalk ‘n deel van die vermiste vliegtuig kan wees,” het een van die ondersoekbeamptes egter gesê.

Die Maleisiese owerhede het intussen ook gesê dit is “tegnies moontlik” dat die vliegtuig op land kon geland het, en iewers versteek aangehou word. So ‘n kans word as byna nul beskou omdat dit ondenkbaar is dat almal betrokke sou swyg terwyl altesaam 22 lande by die soektog daarna betrokke is.

Bron: SAPA, CNN

Lees ook:
Geen verdere seine van vermiste vliegtuigwrak
Seine is van vermiste vliegtuig
Seine van vlugopnemer weer opgespoor
Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.