Video: George Bush vier 90ste met valskermsprong

Oudpresident George H.W. Bush (R) saam met sy seun, oudpresident George W. Bush (heel links) en sy vrou Barbara saam met sy tandemspanmaat Mike Elliott Foto: Kenneth Wasley/All Veteran Parachute Team/AP

Oudpresident George H.W. Bush (R) saam met sy seun, oudpresident George W. Bush (heel links) en sy vrou Barbara saam met sy tandemspanmaat Mike Elliott Foto: Kenneth Wasley/All Veteran Parachute Team/AP

Die voormalige president van Amerika, George HW Bush, het Donderdag sy 90ste verjaarsdag met ʼn tandemvalskermsprong gevier, ondanks die feit dat hy vyf jaar gelede die gebruik van beide sy bene verloor het.

Die 41ste president van Amerika het naby sy huis in Maine op 1 830 meter uit ʼn helikopter gespring. Hy was aan ʼn afgetrede lid van die weermag se valskermspan vasgemaak. Bush kan nie meer sy bene gebruik nie, weens Parkinson se siekte.

Die twee het met ʼn rooi, wit en blou valskerm grond toe gedaal.

Volgens ooggetuies het sy vrou Barbara hom met ʼn kus en omhelsing begroet en sy seun, George, het hom ook omhels.

Honderde mense het in die gebied vergader om dié geleentheid te aanskou. Dit was Donderdag Bush se agtste valskermsprong. Sy eerste keer was tydens die Tweede Wêreldoorlog toe sy vliegtuig oor die Stille Oseaan afgeskiet is.

Die besluit is tot die laaste oomblikke geheim gehou om die bejaarde die geleentheid te bied om van plan te verander. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.