Video: Gesin glo weens outistiese meisie van vliegtuig gesit

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Vlieënier se beweerde ongemak met ’n outistiese meisie aan boord ’n vliegtuig van die Amerikaanse lugredery United Airlines het glo tot gevolg gehad dat die gesin ná ’n noodlanding die vliegtuig moes verlaat.

Die gesin het Disney World besoek en was onderweg huis toe na Portland toe die voorval gebeur het.

Die gebeure het ontvou toe die 15-jarige outistiese meisie, Juliette Forbes, nie die kos wat aan boord voorsien is, wou eet nie. Die kind se ma, dr. Donna Beegle, het versoek dat sy kos van die eersteklasafdeling kan bestel om Juliette te laat bedaar. Die kos is bestel en die meisie het bedaar.

Dertig minute later het die passasiers verneem dat die vliegtuig ’n noodlanding in Utah moes doen. Eers nadat die vliegtuig geland het en polisiebeamptes aan boord gekom het om die gesin te verwyder, is verneem dat die vlieënier “ongemak” ervaar het met die outistiese meisie aan boord.

Een van die passasiers het die voorval op video vasgelê.

Bronne: De Standaard, Daily Mail

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
ILSE

As ‘n ouer van ‘n outistiese kind wil ek vra dat mense meer verdraagsaam teenoor hulle sal wees. My kind is ook al as stout en vol fiemies gesien, maar hul kan agv hul erg sensitiewe sintuie baie kosse glad nie verdra nie.Veral ook nie as hul die kosse nie ken en voorheen geëet het nie.

Shine

Sjoe Shannon, jy ken definitief nie outisme nie. Dis nie ‘n maklike toestand nie en ek het nie ‘n antwoord op die probleem nie, want outistiese kinders is baie onvoorspelbaar. Ek sou dink die ouers moes dalk beter voorsorg getref het voordat hul haar laat vlieg het, maar om hulle met polisiebegeleiding van die vlug af te sit is bietjie drasties.

Herman Toerien

Shannon, ons jongste, nou 21, is outisties. Hoewel outisme deur enige van ‘n groot verskeidenheid genetiese mutasies of enkele chronosoomafwykings veroorsaak word wat gewoonlik deur die een of snellerfaktor geaktiveer word, is daar dus ‘n baie wye spektrum. Nie twee gevalle is identies nie, ook omdat elkeen steeds ‘n individu met sy eie kenmerke is. Tog, geoordeel ana die foto’s wat in vd berigte gedra is, is dit baie duidelik dat die kind ‘n genetieswe afwyking het. By outisme kom multi-gestremdheid ook betreklik dikwels voor. Die beste terapie is vroeë intervensie, wat ontsettend duur is. ‘n Tweede probleem is dat… Lees meer »

Retha

Kan ongelukkig niks op video sien nie. Swak swak swak. Hoop daardie vlieenier word ontslaan en die lugdiens beboet.

Eliza-beth

Ek lees nie eers hierdie nie maar wil net sê – absolute voorbeeld van diskriminasie! Skande! Dis steeds ‘n MENS! Hulle het nie ‘n aansteeklike siekte, gaan nie iemand vermoor nie, liewe hemel wat gaan aan met die mensdom?