Video: Gesin glo weens outistiese meisie van vliegtuig gesit

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Vlieënier se beweerde ongemak met ’n outistiese meisie aan boord ’n vliegtuig van die Amerikaanse lugredery United Airlines het glo tot gevolg gehad dat die gesin ná ’n noodlanding die vliegtuig moes verlaat.

Die gesin het Disney World besoek en was onderweg huis toe na Portland toe die voorval gebeur het.

Die gebeure het ontvou toe die 15-jarige outistiese meisie, Juliette Forbes, nie die kos wat aan boord voorsien is, wou eet nie. Die kind se ma, dr. Donna Beegle, het versoek dat sy kos van die eersteklasafdeling kan bestel om Juliette te laat bedaar. Die kos is bestel en die meisie het bedaar.

Dertig minute later het die passasiers verneem dat die vliegtuig ’n noodlanding in Utah moes doen. Eers nadat die vliegtuig geland het en polisiebeamptes aan boord gekom het om die gesin te verwyder, is verneem dat die vlieënier “ongemak” ervaar het met die outistiese meisie aan boord.

Een van die passasiers het die voorval op video vasgelê.

Bronne: De Standaard, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ILSE ·

As ‘n ouer van ‘n outistiese kind wil ek vra dat mense meer verdraagsaam teenoor hulle sal wees. My kind is ook al as stout en vol fiemies gesien, maar hul kan agv hul erg sensitiewe sintuie baie kosse glad nie verdra nie.Veral ook nie as hul die kosse nie ken en voorheen geëet het nie.

Shine ·

Sjoe Shannon, jy ken definitief nie outisme nie. Dis nie ‘n maklike toestand nie en ek het nie ‘n antwoord op die probleem nie, want outistiese kinders is baie onvoorspelbaar. Ek sou dink die ouers moes dalk beter voorsorg getref het voordat hul haar laat vlieg het, maar om hulle met polisiebegeleiding van die vlug af te sit is bietjie drasties.

Herman Toerien ·

Shannon, ons jongste, nou 21, is outisties. Hoewel outisme deur enige van ‘n groot verskeidenheid genetiese mutasies of enkele chronosoomafwykings veroorsaak word wat gewoonlik deur die een of snellerfaktor geaktiveer word, is daar dus ‘n baie wye spektrum. Nie twee gevalle is identies nie, ook omdat elkeen steeds ‘n individu met sy eie kenmerke is. Tog, geoordeel ana die foto’s wat in vd berigte gedra is, is dit baie duidelik dat die kind ‘n genetieswe afwyking het. By outisme kom multi-gestremdheid ook betreklik dikwels voor.
Die beste terapie is vroeë intervensie, wat ontsettend duur is. ‘n Tweede probleem is dat dit ook nie in alle gevalle betyds ontdek word nie. (Dit manifesteer gewoonlik eers op ouderdom twee). In ons geval is dit eers op ouderdom 16 positief gediagnoseer nadat ‘n baie bekende neuroloog hom as “beslis nie outisties nie” gediagnoseer het. Ons was wel deeglik bewus daar is fout, en het landswyd rondgereis en kundiges gaan spreek om ‘n diagnose te probeer maak. Ek het vreeslik baie navorsing gedoen, en wêreldwyd met mense gekorrespondeer. In die VSA is die opvangstelsel taamlik goed, en is ‘n verkeerde diagnose betreklik skraal. Die “afkoel” van die kind na sy ander kos gekry het, is darem baie tipies van baie manifestasies van outisme.

Retha ·

Kan ongelukkig niks op video sien nie. Swak swak swak. Hoop daardie vlieenier word ontslaan en die lugdiens beboet.

Eliza-beth ·

Ek lees nie eers hierdie nie maar wil net sê – absolute voorbeeld van diskriminasie! Skande! Dis steeds ‘n MENS! Hulle het nie ‘n aansteeklike siekte, gaan nie iemand vermoor nie, liewe hemel wat gaan aan met die mensdom?

zahn ·

Uiters tragies, mense met vieslike maniere word toegelaat om te vlieg, maar nie hierdie kind nie. Sy is vergesel deur haar ouers, terug vanaf Disneyland. Dankie Vader vir my kinders. Sterkte Herman, jy kry oral gevoellose mense. Wat so terloops, ook mag vlieg. Ja, in hul dinges in ook, sien ek nou eers die dubbel betekenis toe ek proeflees..

Peet Schabort ·

Hier is ‘n vlieënier wat ook op sy manier nie lekker is. Die kind het nie amok gemaak.

Sollie ·

Hoop almal boikot United Airlines vir ‘n ruk dat hulle kan VOEL! Hopelik gaan hul tugstappe teen die bojaan van ‘n kaptein neem. Stem saam – dis absolute diskriminasie

Mirinda ·

Shine, jy slaan die spyker op die kop. Outisme is nie voorspelbaar nie. Ons het 10 jaar ondervinding. Ons berei altyd voor so goed as wat ons kan. Maar al berei jy die kind voor op die beplande verloop van die uitstappie, en al pak jy hul eie kospakkie en al sit jy op die “perfekte” plek en al tref jy al die spesiale reëlings wat jy menslik moontlik kan, gebeur daar gewoonlik iets wat jy nie aan gedink het as ‘n moontlike “spanner in the works” nie… En dan kan dit soms heel goed gaan as jy die verandering in planne met die kind bespreek….. of dit kan ‘n reaksie gelykstaande aan ‘n Wêreldoorlog in die kind ontketen…. geen manier om vooraf te voorspel watter een van die twee nie. En dan moet jy dit hanteer. Ouers van hierdie kinders weet dit maar te goed, en hulle is onder konstante spanning tydens sulke uitstappies. Ek dink die ouers het dit goed hanteer deur vir ander kos te vra. Dis mos nie moeite vir die lugredery nie? En uit die video blyk dit dat alles heel rustig was teen die tyd wat die polisie die gesin kom verwyder het. Die ander passasiers klink ook of hulle nie met die polisie aksie saamstem nie. Dis regtig onmenslik om dit aan die kind en haar ouers te doen. As dit regtig grootskaalse chaos veroorsaak het kan mens die aksies verstaan, want ja, die ander passasiers se belange moet beslis in ag geneem word. Maar dit blyk nie die geval te wees hier nie. Ek hoop iemand steek Facebook aan die brand met hierdie video! Al is dit net om mense meer bewus te maak van persone wat “anders” is. Ons samelewing is heeltemal te onverdraagsaam, en gewoonlik is dit die gevolg van onkunde….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.