[Video] Gorilla doodgeskiet ná seun in hok val

WAARSKUWING: Die video onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die vierjarige seun wat die naweek in ʼn gorilla se hok geval het by die Cincinnatti-dieretuin in die VSA, is ongedeerd en sterk tuis aan.

Die seun het Saterdag sowat 15 voet ver in die hok geval. Die seun se familie het in ʼn verklaring die personeel van die dieretuin bedank vir hul vinnige optrede. Die 17-jarige gorilla, genaamd Harambe, is doodgeskiet kort nadat die seun in die hok geval het. ʼn Video van die voorval wys hoe die gorilla die seun aan sy been deur die water in die hok sleep.

Die familie het mense versoek om hul privaatheid te respekteer en gesê hulle weet dit was vir die dieretuin ʼn moeilike keuse om die gorilla van kant te maak. Die seun is ná die voorval in die hospitaal opgeneem, maar reeds Saterdagaand weer ontslaan.

ʼn Diereregtegroep Peta het die dieretuin intussen versoek om ʼn tweede reling by die gorillas se hok aan te bring.

[wpvideo X9auU07L]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

broos ·

hoe val ‘n seun in ‘n gorilla hok? waar was sy ouers wat veronderstel was om na hom te kyk?

Erika ·

Dis belaglik om die dier te skiet, WAAR WAS SY VERDOMDE OUERS???
Hoekom kyk hul nie na hul kind nie?
Die kind is ONGEDEURD EN BY DIE HUIS!!!!!! En nou is n dier in sy bly plek dood gemaak omdat n kind seker weer nie ore hehad het nie.
N mens kyk na jou kinders op sulke plekke.
●●woedend ●●

AmY ·

En nou is die onskuldige dier dood, omdat daar nie behoorlike toesig oor die kind was nie.

Mel ·

Dis rerig belaglik, deur flippen roekeloosheid is daardie dier dood geskiet, Mag daardie ouers se gewetes hul pla

Elbri ·

Dis die hartseerste wat ek nog ooit gevoel het. Hoe verskriklik wreed is my spesie nie!!! Dammit man!!!. Die kind se ouers is verantwoordelik vir hierdie onmenslikheid. Ek is dankbaar hul kindjie is ongedeerd. Ek sal hom aanneem want sy ouers verdien nie om eens ‘n proefrot groot te maak nie want ook hy sal agv hulle moet sterf.

Bosbok ·

15 meter ver val in die hok? Die kind kon hom dood geval het, never mind die Gorilla wat hom iets kon aandoen. En waarom het hulle die Gorilla dood geskied? Kon hulle nie net die dier met n dart geskied het wat hom sou laat slaap het nie? Dink die ouers van die kinders is nou skaam skuldig – die dat hulle nou so hulle privaatheid soek !

Paul ·

Verdowingspyle werk nie soos in die flieks nie, Bosbok. Dit vat etlike minute, selfs langer as ‘n halfuur, voordat ‘n dier aan die slaap raak weens ‘n verdowingspyl. Wanneer daar ‘n onmiddellike gevaar vir ‘n mens is, kan ‘n verdowingspyl nie gebruik word nie. Hoekom dink jy loop die veldwagters op staptoere in wildtuine met regte gewere rond en nie met verdowingspyle nie?

Jan maak n Plan ·

Het so n groot dieretuin dan nie n pylgeweer waarmee die gorilla verdoof kon geword het nie. Duidelik het iemand eers gedoen en toe gedink. Hulle moes sommer dii kind se ouers ook in die hoik gegooi het.

Aster ·

Dis maklik om vingers te wys na die ouers, dalk moes die dieretuin verseker het dat daar ordentlike geslote omheining was vir so iets om nie te gebeur nie. Enige ongeluk kan gebeur, die kind kon dalk gegely het, wie weet? Dankie tog die seuntjie is nog lewendig, maar my hart is net so seer oor die gorilla. Dis ‘n pragtige dier. Ek dink ipv hom te geskiet het, moes hulle hom net dadelik gedart het om die seuntjie te red.

Inge ·

Toe ek gehoor het van hierdie storie was ek so kwaad vir die mense wat die gorilla geskied het, maar nou dat ek na die video gekyk het, het ek my mening verander. Daardie kind sou definitief nie oorleef het nie. Dit is verskriklik hoe die gorilla hom so gesleep het. Hoe hartseer is dit nie, dat die gorilla en die kind onskuldige slagoffers was. Die ouers van hierdie kind moet betaal op een of ander manier! Die kind is getraumatiseerd en die gorilla is dood en dit omdat die ouers nie behoorlik na hulle kind gekyk het nie. Hulle moet ‘n paar warm klappe kry!

pokkal ·

Dit is tog so maklik vir almal om hier die ouers die skuld te gee. Gaan kyk by enige ordentlikke diere tuin is diere soos gorillas op so manier toe gemaak dat daar geen manier is vir enige mens of muis om daar in te kom van die kykpunte af nie. As jy ‘n Gorilla dart vat dit minstens 5min vir die middel om te werk voor die dier eers aan die slaap is….binne daai 5 minute is die dier reeds bewus van wat om hom aangan en met die situasie sou die kind in die proses baie seerder gekry het uit die agressie van ‘n skoot wat hom nie dadelik uit kon sit nie. Mense is so onredelik en so vinnag om hul komentaar te lewer oor iets wat hul glad nie van weet nie of mense wat glad nie eens daar was nie. Julle behoort julle te skaam!

Willie ·

Gehoorsame ouers deesdae… vandag se kinders is uit beheer… Hoekom nie net die dier sedeer nie…..

Anoniem ·

Kan nie glo wat ek hier lees nie. Is dit die ouers se skuld…nie behoorlik na kind gekyk nie…was die hokke nie hoog genoeg nie…Maar om die dier te skiet. Genade julle kon hom net verdoof het…Se nou net julle het die kind geskiet. Ek hoop die ouers word tot verantwoording geroep as dit hul skuld is. Indien nie moet die dieretuin hiervoor verantwoordelikheid neem en die hokke meer veilig maak. My hart bloei vir die gorilla…………………………………..

antoinette ·

HKM elke keer die ouers blameer die wildtuin kon dit veiliger gemaak het waar was die tralies ens.Ek is n goeie ouer en ek sien met my kleinkinders hoe hulle in n oogwink onder jou oe verdwyn.As ek met met hulle na n besige plek toe gaan het ek geleer om hulle aan n serp om hulle lyf vas te maak.Gee nie om wat die plubliek daarvan dink nie, na hulle soos ek se in n oogwink onder jou oe verdwyn.En ja ek stem die dier kon met n dart i.p.v n koeel geskiet gewees het.

Justa ·

Weer moet n dier die hoogste prys betaal vir die mens se foute. RIV Harambe. Jy behoort in elk geval vry te gewees het en nie in n dieretuin nie. Mense en hulle optredes walg my.

Helene ·

Ek stem saam met alles wat jy hier sê. Ek is woedend omdat die Gorilla…. .n pragtige dier weer die hoogste prys moet betaal. Dit was nie Harambe se keuse om daar te wees nie. Weens die nalatigheid van die menslike spesie, moes die dier weer die hoogste prys betaal, met sy lewe!!!! Die mens en hulle optredes walg my!!! RIV Harambe!!

Asjas ·

Die Daily Mail artikel gee meer inligting en verwys ook na ‘n soortgelyke voorval waar die kind en dier albei se lewens gespaar is. Die situasie was beter handteer en die kind wat so geskee het, het die gorilla ontsenu. Skare wat geskree het, het ook nie gehelp nie. In die ander voorval is die gorillas se aandag afgetrek en die kind is gered.

Kypie ·

Volgens nuusberigte het die kind onder die heining deurgekruip. Het die ouers dan nie gesíén wat gebeur nie? Smyt hulle ook sommer in die water sodat die ander gorillas hulle ook bietjie kan rondspoel en hulle kan wakker word!

alida ·

Op die video lyk dit nie asof hy die kind seergemaak het nie maar hou hom heeltyd bo die water. Die kind het darem nie verdrink nie. Nogtans moes die ouers die kind se hand deurentyd vasgehou het en die dieretuin kon die gorillla met ‘n baie sterk verdowingsmiddel geskiet het. Dit was onnodig om hom dood te skiet.

Paul ·

Verdowingsmiddels werk nie soos in die flieks nie, Alida. Dit vat etlike minute, selfs langer as ‘n halfuur, vir die goed om te werk. Wanneer die diere die pyl voel, reageer hulle ook dikwels onvoorspelbaar. In hierdie geval boonop nog die water ook betrokke. Die gorilla kon vir ‘n hele tyd lank nog half verdoof gewees het – te gevaarlik om naby te kom – en dan dalk die kind onbedoeld verdrink het.
Dis maklik om so te praat, maar as dit jou kind was, sou jy nie gesê het: “Ag gebruik maar ‘n verdowingspyl en kom ons kyk wat gebeur” nie…

Deon ·

Almal kastige diereliefhebbers en vreeslik grootbek hierbo. Dit was ‘n keuse wat die kurator moes uitoefen tussen mens en dier. Daar was dus geen ander keuse nie, ek sou graag een van die grootbekke hierbo wou hoor as hulle daar was en dit was hulle kind in die hok. En dit maak nie saak wie se skuld dit was nie – ‘n ongeluk het gebeur en aksie is geneem. Die regte aksie. Jammer vir die verlies, maar goeie werk om die kind te red.

alida ·

Ag Deon dankie vir jou onsmaaklike kommentaar. Mens het altyd ‘n keurse. Eerstens moes die kurator gesorg het dat die plek 100% veilig is en tweendens moes daar ouer toesig gewees het siende dat die plek nie veilig is nie. Maar nou-ja dit is verby en ons kan nou niks daaraan doen nie. As jy nie van diere hou nie is dit baie jammer.

Jacqui ·

Dankie Deon, ek stem 100% saam jou! Enige iemand met kinders weet dat ‘n ongeluk in ‘n oogwink kan gebeur. En as ek moes kies tussen my kind en Gorilla was Dier nie eers ‘n opsie nie.

Ou man ·

Deon se kommentaar is glad nie onsmaaklik nie, net bietjie realisties. Nêrens sê hy dat hy nie van diere hou nie. Ek hou van diere en ek sal daai dier in ‘n oogwink skiet as hy ‘n kind bedreig.

Charlotte ·

Stem 100% saam Deon! Die kind kon ook verdrink het. Hy was baie wild deur die water gesleep. Dieretuine moet altyd mens bo dier se veiligheid eerste stel. Die storie is hartseer vir albei kante, dier en kind.

anne ·

Maak vir my sin wat jy se Deon, of die ouers nalatig was of nie, ongelukke gebeur en op daardie oomblik was die kind se lewe in gevaar, watter persoon sou staan en toekyk hoe die kind deur die gorilla doodgemaak word. Dis bitter jammer dat die dier geskiet moes word maar ek glo nie die kind sou lewend uit die water gehaal word nie. Dink die kurator het die regte besluit geneem.

Emma ·

Die gorilla moes in die eerste plek ni in hok gewees het ni, hy moes in di wild gewees het…..nou omdat n kind stout is en ni ore het ni nou skiet hulle hom…dis seker beter so, shame ten minste is hy nou op n beter plek, waar hy ni gebruik word om vi mense geld te maak ni

Paul ·

Hy moes “in die wild” gewees het? Daar in die Demokratiese Republiek van die Kongo waar niemand ooit gorillas skiet nie, né? Ai tog, die naïwiteit hou net nie op nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Rosa

Daar is wel ‘n video onderaan die berig bygevoeg. Dis moontlik dat jy dalk nie die video kan sien nie, as jy ons webwerf deur ‘n slimfoon of tabletrekenaar besoek. Kyk gerus na ‘n verkorte weergawe hier: https://youtu.be/bBpYTGG7Kls

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peter ·

As ek moet kies tussen ‘n mense lewe en ‘n dier se lewe, kies ek eerder om die mens te red. Soveel te meer ‘n kind se lewe. Dit het niks te doen of jy lief is vir diere of nie. Dis maklik om klippe te gooi as dit iemand anders is. Mens kan altyd na die tyd sê dit of dat kon gedoen gewees het. Ek glo nie die kurator sou geskuet het as daar tyd was om anders op te tree nie. Dit ís jammer die gorilla is geskiet, maar die kind se lewe wás in gevaar.

Takkie Takuuza ·

Dis ontstellend dat so baie mense se prioriteite verwronge is. En dan wil perty nog dink die gorilla wou die kind red. Dis nie ‘n Disney fliek nie.

Liezel ·

Het enige iemand dalk die moontlikheid oorweeg dat Harambe die kind probeer red het. Hy het dalk gedink die kind verdrink. Maar om so ‘n mooi dier te skiet is onmenslik, ons is een wrede spesie. Daai ouers moet nooit kinders he as hulle nie na hulle kan omsien nie, jy laat nooit ‘n kind uit jou oog nie. Seker Harambe so beter na die kind kon omsien as die ouers

Merchia ·

Liezel ek stem 100% saam met jou. Dier of mens ons is almal gelykstaande en geen een het die reg om n lewe te neem nie. Daar moet def ondersoek ingestel word oor die opvoeding en die bevoegtheid van die kind se ouers. Ek is dood seker dat hulle n ander wapen kon gebruik om Harambe te laat slaap. My hart is baie seer vir hom regtig!

Paul ·

Die kind het nie 15 meter geval nie. Dit moet 15 voet wees. Dis ongeveer 4.5 meter.

Landi Slatter ·

Dagsê Paul,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Takkie Takuuza ·

Dis nogal ontstellend om te sien hoe mense die lewe van ‘n dier bo die van ‘n kind stel. Ja die kind moes nie in die hok geval het nie, maar dit het gebeur en die dier is geskiet om die kind te red. Volgens party mense hierbo sou dit die kind se verdiende loon wees om te sterf, so lank die dier net uitgelos word. En as dit jou kind was?

Anoniem ·

Nee Takkie Takuuza…nie in een van die berigte het enige iemad iets gese van dier bo kind se lewe nie. Die mense se…Ouers kyk na jul kinders…waak oor hulle..moenie dat jou kind onder jou oog uitgaan as jul saam is want n ongeluk kan gebeur. Wat hul wel se…daar kon dalk van ander tegnieke gebruik gemaak word om kind te red!!!!!!!!!!!!!!!!!

Sue-Ann ·

Hi Takkie nou dat jy dit noem…hmmm. ja ek kies die dier….

cynthia ·

die arme dier wat die prys moes betaal omdat ouers te sleg is om hulle kind op te pas.

m ·

Hoekom het die ouers nie na die kind gekyk nie. Jy los mos nie n 4 jarige om rond te dwaal op sy eie nie… Hoekom moes die arme dier geskiet word? As diereliefhebber is ek woedend hieroor… Mens roei nie net alles uit nie!!!!!!!!

Rooikop ·

Die mense reageer so teenoor die ouers omdat mens dit elke dag sien – kinders wat buite beheer is en “ouers” met hul neuse in hul selfone of besig met als behalwe waarmee hulle MOET besig wees. Dis bitter moeilik om te glo dat dit regtig ‘n frats ongeluk was, en nie slegte ouerskap nie. Soos meeste mense hier bo sê, as jy met jou kind aangestap kom na ‘n gevaarlike dier se hok, en jy sien daar is nie ordentlike veiligheid om die hok nie, hoe op aarde los jy jou kind se hand eers vir ‘n sekonde?? Maar nee ons was seker weer besig om ‘n selfie te neem langs die gorilla hok en nie opgelet wat ons kind doen nie! Ek stem ook 100% saam met almal hier bo – as jy moet kies tussen jou kind en ‘n dier, is daar nie eers ‘n keuse nie. Maar dis nie waaroor mense se woede hier gaan nie…

Anoniem ·

Dankie roikop jy stel dit somooi en honderd persent reg…Geen ouer in vandag se lewe laat sy kind onder sy oog uit…want enige iets kan gebeur.Dis hoe die lewe is vandag…jy pas jou kind op en by n dieretuin ook!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Liezel ·

@ Takkie Takuuza – party diere (veral die aap spesie) se instinkte is baie beter as die mens sn.
Jy sal nie weet of hy die kind wou help of nie en niemand het gese dis ‘n Disney fliek nie

Ouma ·

Ai mense hou darem daarvan om met klippe te gooi en tekere te gaan. Ek sê altyd: ‘n ongeluk gebeur gouer as ‘n geluk. Dink julle vir een oomblik die ouers sou die kinds se hand NIE vasgehou het as hulle enigsins vermoed het hy kan daar inval nie? Geen regdenkende mens sal mos so iets doen hie. Hulle was houtgerus dat dit veilig is om die seuntjie se hand te los. Ja sit is baie jammer oor die gorilla wat moes geskiet word, maar niemand kon ‘n kans waag deur te lank te wonder of die gorilla die kind gaan streel, – of doodmaak nie. Ek het 2 woelige kleinkinders, en die hemel weet jy moet oë agter jou kop hê om hulle die heeltyd onder oë te hou as ons winkels toe gaan. En vining! soos blits!

John ·

Wat soek die gorilla alleen in die dieretuin. Gorillas leef in familie-groepe diep in die woud in Afrika. Daar is genoeg films oor diere waarna mense kan kyk. Dieretuine is in die eerste plek kunsmatig. Ek haat dit om diere in hokke te sien. Ons mense is regtig wreedaardig. Alles draai om ons. Nou is die dier dood en die seun ly aan skok na die hele petalje. So, wie’t gewen.

johann cb ·

Wat soek die kind so naby die dier? Ek stem dat die ouers moes kyk wat hy doen. Kinders behoort nie alleen in die dieretuin te loop nie. Die gorilla kon nog geleef het! Straf sommer die ouers ook.

Merchia ·

Dit lyk meer asof die dier die kind prober beskerm as enige iets anders. Nou moet n mens vrae waar is die kind se ouers? Daar is soveel meer wat hulle kon doen inpleks van om hom dood te skiet. My eerlike opinie is dat daar ondersoek ingestel moet word by die ouers. Dan sal ek ook graag wil weet hoe op dees aarde kom n vier jarige kindjie in die hok?

Hartseer... ·

As daarmee arme gorilla “wreed” was, sou die seuntjie binne minute of selfs sekondes dood gewees het. Hy het tipiese gorilla optrede geopenbaar… Só hartseer dat hy doodgemaak is…

Lourens ·

Hulle kon die gorila met n stun gun geskiet het wat hom sou verlam het vir 1 uur ek beveel aan dat die wwf hierdie dieretuin hof toe vat

Joann ·

Aan al die slim mense,gorilla is wilde dier,kinders behoort mak te wees,dus wat soek die klein terroris in die hok? Sy ouers moes bewus gewees het van die feit dat hy nie ore het nie. Party mense moes nooit ouers gewees het nie.

Takkie Takuuza ·

Ons is almal baie teleurgesteld dat die gorilla van kant gemaak is en skuld word uitgedeel. Iemand wou selfs die persoon wat geskiet het dood (vrek) wens. Baie Christelik natuurlik. Kyk net bietjie na die feite en na die besluite wat in ‘n oogwink geneem moes word.
1. Die kind het ingeval ongeag wie se skuld dit was.
2. Die situasie is potensieel lewens gevaarlik vir die kind.
3. Hulle reken ‘n pyl moes gebruik word. Maar ‘n pyle se dosis hang af van die soort dier en die gewig en as dit verkeerd is kan die dier ook vrek. Gorilla weeg sowat 180kg.
4. Hoe lank vat die pyl om te werk? Drie tot vyf minute, so wil jy nou die gorilla tart met ‘n pyl terwyl hy die kind by hom het?
5. Een ou sê “stun gun”. ‘n Elektriese skok toestel met 15 meter lang draadjies, wat nie altyd eers ‘n 70kg man neerbring nie, wat nou nog ‘n 180kg gorilla? En was daar een anyway?
Dis baie maklik om almal te veroordeel en met nabetragting stellings te maak, maar min mense dink regtig gaan net emosioneel oorboord.

Nics ·

Diere in hokke raak gefrustreerd, as die dier WEL die kind wou seermaak kan mens dit verstaan. Hoe seker is hulle hy wou die kind iets aandoen? Vir my lyk die deel na hy die kind gesleep het (dalk in sy brein het hy die kind “gered” van verdrinking) asof hy ampers teer met die kind is. Hy het hom nie rondgeruk of gebyt of niks! Persoonlik verpes ek dieretuine en sirkusse en klaar. Wilde diere hoort in die natuur – VRY!

Paul ·

Om die kind se lewe te red. Hierdie is nie The Jungle Book van Disney waar al die diertjies en seuntjies mooi saam speel nie.

charlene ·

aan elke een wat hier bo gesê het hulle moes nie die dier geskiet het nie…. Wat van as dit JOU kind was????????? Ja dis hartseer oor die dier wat dood is dis baie baie hartseer maar doen julle self `n guns maak seker van julle feite (die ma was besig met die ander kinders wat ook aandag om daai oomblik nodig gehad het) KYK wat doen die dier met die kind as die werkers hom nie geskiet het nie wat die kind nou dood, en hulle sou die arme dier dan ook moes skiet… Jammer oor die dier, maar ek is bly die seuntjie lewe en ek hoop sy mamma besef nou dit van `n paak sekondes vir `n kind om te verdwyn, en aan te jaag. Ek kan net nie glo hoeveel mense verkies `n dier bo `n klein 4jarige onskuldige kind. Wys maar eintlik watse soort mense julle is. Die kind moet gemartel en vermoor word vir iemand anders se fout!

Tanya ·

Hoekom moet onskuldige diere altyd die spit afbyt as mense nie ore het nie. Daar is so min GORILLAS oor en nou moes hulle hom skiet, verwat kon hul nie net die dier verdoof het nie, dit is net tipies. skiet alles dood verwoes alles sodat almal maar op die ou einde die diere net op prentjies kan sien.

Ilse ·

Ek is seker hier is ouers hier bo wat in ‘n winkel al ‘n kind so klein bietjie verloor het? ‘n Ouer wat ook maar besig raak en vir ‘n paar sekondes jou oe van die kids afhaal? As dit jou nog NOOIT oorgekom het dat jy so klein biejtie nalatig was met jou kinders kan ek verstaan as jy hier bo so voel en die ouers wil sleg sê. Maar moenie oordeel nie. Elke ouer maak foute geen een van ons is perfek nie ons is net mense. Dis hartseer oor die Gorilla en oor die kind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.