[Video] Grand Prix-wenner dra sege op aan SA kankerlyer

Klaas Prinsloo saam met Lewis Hamilton (Foto: Instagram)

Die 18-jarige terminaal siek Klaas Prinsloo van Suid-Afrika wat al ʼn groot deel van sy jongmenslewe ʼn stryd teen beenkanker veg, se droom het onlangs waar geword toe die bekende Formule 1-renjaer Lewis Hamilton – sy held – sy eerste plek in die Britse Grand Prix aan dié kankerlyer opgedra het.

Prinsloo is verlede jaar met Ewing-sarkoom gediagnoseer. Dié seldsame kanker ontstaan in been of sagte weefsel en versprei dan na die res van die liggaam. Volgens dokters het die kanker vroeër vanjaar versprei.

Nadat Prinsloo onlangs by die liefdadigheidsorganisasie Reach for a Dream aangesluit het, het dié organisasie in samewerking met talle borge verseker dat hy en sy gesin die afgelope naweek Londen toe kon vlieg om daar sy held tydens ʼn Grand Prix-wedren te ontmoet.

“Drome word waar,” het die liefdadigheidsorganisasie op sosiale media gesê. “Ons glo in die krag van drome. Klaas se droom het waar geword toe hy sy renjaer-held ontmoet. Hy is deur Lewis verwelkom en werklik geïnspireer.”

Die gewilde renjaer, wat volgens die organisasie net veronderstel was om Prinsloo te groet, het glo moeite gedoen om hom te leer ken voordat hy hom genooi het om na die Britse Grand Prix-wedren te kyk waar Hamilton met die louere weggestap het.

Klaas Prinsloo saam met Lewis Hamilton (Foto: Instagram)

ʼn Ondersteuningsblad vir Prinsloo op Facebook, Klaas Cancer Support Group, het dié bekende renjaer geloof.

“[Ons het] trane van blydskap. Dit was ʼn ongelooflike oomblik en dit maak ons harte warm. Lewis Hamilton jy is ʼn legende! God seën jou,” het sy gesin by die inskrywing laat hoor.

ʼn Video waar Hamilton sy trofee omhoog hou saam met Prinsloo voor in die skare is al meer as 150 000 keer op Facebook gekyk.

Hamilton, wat dié oorwinning aan Prinsloo opgedra het, het ʼn week vantevore ʼn vierde plek tydens die Grand Prix in Oostenryk behaal. Die renjaer sal weer op 30 Julie tydens die Hongaarse Grand Prix om die titel meeding. Hy het die Britse Grand Prix al vier keer vantevore gewen.

Join the #SilverArrows as we come to celebrate a #BritishGP 1-2!! And Lewis' fifth Silverstone win!!

Posted by Mercedes-AMG Petronas Formula One Team on Sunday, July 16, 2017

https://www.facebook.com/formula1insider/videos/1711322852494735/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos1 ·

Sê maar van Lewis wat julle wil, ek dink hierdie is ‘n baie groot gebaar van sy kant af!
Dit is hoe ware kampioene optree en maak my nog meer ‘n ondersteuner van hom!

Ouma ·

Nou is dit nou nie ‘n lekker inspirerende storie nie? So lekker om sulke nuus te kan lees. Dankie Lewis Hamelton!

Alta ·

Well done, Lewis Hamilton! Ek het Sondag so gekyk na die kettings om jou nek: die een met biddende hande en die ander 2 was kruise. Duidelik besef jy waar jou talent vandaan kom. Jou hart sit op die regte plek! Well done!

Lee ·

Dis so great. Maak mens so hartseer ook vir Klaas Prinsloo en sy familie. So bly hy kon dit beleef. Dankie Hamilton.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.