Video: Gras en sonlig vir die eerste keer

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Nege speurhonde (beagles) is vandeesmaand uit ʼn laboratorium gered en ʼn video van die honde wat vir die eerste keer sonlig en gras ervaar, word wyd op sosiale media versprei.

Die Beagle Freedom Project, wat hom beywer om speurhonde uit diere-eksperimentasie te red, het die nege honde op 5 Mei uit ʼn laboratorium in Nevada, Amerika, gered. Die honde het die volgende dag vir die eerste keer gras en sonlig beleef toe hulle na een van die Las Vegas-vrywilligers se huise geneem is.

Volgens die organisasie is die reuns fisies in ʼn goeie toestand, maar dit kan nog ʼn geruime tyd duur voordat hulle emosioneel herstel. Vier van die reuns het glo die heeltyd ʼn plek gesoek om in weg te kruip en agter bosse, bome en in ʼn ou houtkrat gaan wegkruip, maar die organisasie sê met die nodige geduld, teerheid, liefde en hope lekkernye sal hulle binnekort leer om mense weer te vertrou.

Hulle is vernoem na Vegas bekendes soos onder andere Frank [Sinatra], Dean [Martin], Sammy [Davis, Jr.] en Joey [Bishop].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Hartseer, maar ook pragtig…”Freedom At Last” wreed wat arme diere moet deurgaan ten koste van die mens.

Carel says ·

Mense is wreede goed – dit is n riem onder die hart om die redding te sien – hlle moet sommer mense wat sulke goed doen in die hokke hou net vir n maand of 2 en hulle sommer n inspuiting of wat gee elke dag

Elize ·

Daar is definitief genoeg kriminele in die wereld wat in hokke hoort en dan sommer diens kan doen as toets kandidate. Dit maak my sommer naar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.