Video: Grootste Lenin-beeld omgegooi

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Een van die grootste standbeelde wat ooit van die kommunistiese leier, Wladimir Lenin gemaak is, is in die stad Kharkov in die noordooste van Oekraïne omgetrek.

Kharkov is die tweede grootste stad in Oekraïne, en duisende mense het die geleentheid Sondag bygewoon. Na die standbeeld omgetrek is, het baie mense op die brokstukke toegesak om daarvan as aandenkings te neem.

Die polisie ondersoek ‘n klag van die beskadiging van nasionale erfenisse.

Bronne: De Standaard en RT Live

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.