Video: Gyselaarsdrama in Sydney

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die Australiese regering het sy Nasionale Veiligheidskomitee byeen geroep nadat ʼn gewapende man mense in ’n Lindt-kafee in Sydney as gyselaars geneem het.

Volgens ’n woordvoerder van die sjokoladeondernemer Lindt, wat die kafee besit, is daar moontlik tot tien werknemers en 30 klante in die winkel.

Drie van die gyselaars het intussen daarin geslaag om te ontsnap. Van die gyselaars word gedwing om ’n banier met Arabiese skrif teen die venster omhoog te hou.

Australië is deel van die Amerikaans-geleide taakspan wat aanvalle op die IS in Irak loods. Die IS het al tevore aanvalle in Australië probeer uitvoer, en ’n poging om ’n lukrake slagoffer in Sydney met ’n selfmoordbom op te blaas, is gefnuik. Verskeie Australiese Moslems veg ook aan die kant van die IS.

Verskeie geboue om die kafee is ontruim, terwyl die polisie rondom stelling ingeneem het. Die polisie het na berig word daarin geslaag om met die terroris kontak te maak nadat alles pogings lank vrugteloos was.

Die Australiese premier, Tony Abbot, het sy nasie die versekering gegee dat die magte wat ingespan word, goed vir sulke situasies opgelei is. Die lewering van die begrotingsrede wat vandag in Australië sou plaasvind, is reeds uitgestel.

Hoofbron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

franklin ·

Hoop alle mense kom veilig uit die kafee na hul families toe.

pop ·

Ek kan my die angs van familie oor die gyselaars nie eers probeer indink nie. Ons bid dat almal veilig sal uitkom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.