[Video] Hartaanval toe tiener in versnipperaar sterf

Mason Cox Foto: WSOC-TV

Mason Cox Foto: WSOC-TV

ʼn 19-jarige jong man is dood ná hy op die eerste dag van sy werk in ʼn houtsnipperaar beland het.

Mason Cox van Noord-Carolina in Amerika het Saterdag by Crawford’s Tree and Stump Grinding Service begin werk, berig WSOC-TV. Volgens ondersoekbeamptes het niemand opgemerk dat hy in die houtversnipperaar beland het nie.

Jon Crawford, eienaar van die maatskappy, het ʼn hartaanval op die toneel gekry en moes na ʼn hospitaal gehaas word, het die polisie aan die televisiekanaal gesê.

Cox was glo besig om boomstompe in die masjien te laai toe Crawford gehoor het die masjien haak vas. Hy het vinnig die masjien afgeskakel en dit in trurat geplaas, maar hy kon nie verhoed dat Cox verder ingesluk word nie.

Werknemers het baie emosioneel gereageer en het begin rondhardloop en hul handskoene en hoede afgepluk. Bure het glo gedink die span word deur ʼn swerm bye aangeval.

Polisiebeamptes vermoed nie vuilspel nie. Die departement van beroepsveiligheid ondersoek die voorval.

Bron: WSCOC-TV

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Erg, baie erg. ‘n Houtkerwer (ek verkies dié woord) sluk jou soos niks. Dis die maatjie van die hamermeule. My kerwer sluk tot 75mm takke en ek staan maar wakker want jou arm sal lag-lag daarin verdwyn.
Draaibanke, dorsmasjiene ens. is ongenaakbare goed.

SNEL ·

Goeiste, ja, wat n skok moes dit nie vir die werkgewer wees nie, om nie eers van die ouers te praat nie. Ek wonder of hulle hom voor die tyd al die moets en moenies gesê het, of moes hy maar net inval en werk. Dis mos n gevaarlike masjien, hulle moes hom mos gesê het wat hy nie moet doen nie om veilig te bly. Ai, eerste dag by sy werk, nog nie eers sy eerste salaris gekry nie, dis vreeslik.

Deloris ·

Ek wonder of die kind opleiding gehad het om die masjien te werk……………

humor ·

Ai tog wonder maar voort. Wonder of hy volgens voorgeskrewe veiligheidsvereistes gehandel het. Wonder of daar nie iets buite sy beheer plaas gevind het nie. ens. ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.