Video: Hongkong begin weer werk, maar…

Betogers in Hongkong Foto: 蘋果日報, Facebook (media-agentskap)

Betogers in Hongkong Foto: 蘋果日報, Facebook (media-agentskap)

Slegs enkele honderde van die duisende betogers was Maandagoggend oor nadat die bestuurder van Hongkong, Leung Chun-ying, ’n ultimatum gerig het dat mense van vandag af ongehinderd by die werk moes kom.

Dit volg ook ná verskeie gewelddadige voorvalle waar berugte straatbendes die betogers die afgelope paar dae aangeval het. Die polisie het etlike betogers en bendelede in hegtenis geneem. Hierdie aanvalle het beplande samesprekings met Leung Chun-ying laat ontspoor nog voor dit kon begin.

Voorts is daar gerugte dat die stad se administrasie en studenteleiers Sondagaand op die kampus van die Universiteit van Hongkong samesprekings sou gevoer het. Indien die gerugte waar sou wees, is daar in elk geval nog geen inligting oor die uitslag van die samesprekings, of selfs die status daarvan, bekend nie. Ander bronne wil dit hê dat die samesprekings wel plaasgevind het, maar dadels opgelewer het.

Van die betogerleiers het aangedui dat as daar nie tot eensgesindheid gekom kan word nie, sal hulle “terugkeer na die strate”.

Die leiers van die betogers het dit voorts duidelik gemaak dat hulle geen rewolusie in die oog het nie – hulle wil bloot demokrasie hê.

Bronne: Trouw en De Standaard
Lees ‘n vorige artikel uit die Christian Science Monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.