Video: Immigrant kry verblyfreg ná heldedaad

Mamoudou Gassama. Foto: AP Photo/Thibault Camus, Pool

ʼn Onwettige immigrant van Mali het verblyfreg van die Franse regering gekry nadat hy waarskynlik die lewe van ʼn vierjarige seuntjie gered het.

ʼn Video wat op sosiale media die ronde doen, wys hoe Mamoudou Gassama (22) Sondag soos ʼn wafferse Spider-Man teen ʼn woonstelgebou in Parys opklouter om die seuntjie wat aan die balkon op die vierde verdieping hang te red.

Gassama het intussen Maandag met pres. Emmanuel Macron vergader waarna verblyfreg aan hom toegeken is. Gassama het ook ʼn toekenning ontvang vir sy “moed en toewyding”.

President Emmanuel Macron vergader met Mamoudou Gassama. Foto: AP Photo/Thibault Camus, Pool

Volgens Gassama het hy opgetree sonder om twee keer te dink. “God het my ook gehelp en ek dank die Here dat ek hom kon red.”

Gassama het in 2014 van Libië gevlug en die Middellandse See oorgesteek om Italië te bereik.

Macron het Gassama geloof en gesê hy is ʼn voorbeeld vir miljoene ander. “Jy het ʼn kind gered. Wie weet wat sou gebeur het as dit nie vir jou was nie. ʼn Mens het moed en durf nodig om dit te doen.”

Die seuntjie se pa is intussen in hegtenis geneem vir kinderverwaarlosing. Volgens berigte was die ma nie in Parys ten tyde van die voorval nie.

https://youtu.be/pd79zyrwSKU

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

GM ·

As daar maar net meer sulke mense was wat ander bo hulself stel. Ek hoop die man word ryklik geseën vir sy heldedaad!

fm ·

Darem gebeur daar nog goeie dinge ook in die lewe. Welgedaan Mamoudou!

(en Sies aan die pa)

Koos ·

Mamoudou beteken basies Mohammed. Die man is ‘n Moslem, so dis verregaande dat die berig na die Here verwys. Moenie spot met hierdie terme nie…

Hennie ·

Ek is bly om n bietjie goeie nuus te lees!!! Wys net maak nie saak of jy wit,swart,geel of wat ook al is nie daar is goedheid in almal van ons!!

Tsk ·

HOEKOM Moet kLEUR en RAS Nou weer ‘n issue wees? STel die saak sonder om kleur te noem, ek is al so KEELVOL vir hierdie kommentaar. Hy het ‘n HELDEDAAD verrig . los maar die KLEUR hier uit…

Potlood ·

Ek voel sommer ook trots (op mensdom) om soiets te sien gebeur… Hier by ons gooi hulle kinders mos van dakke af, of moor, roof en verkrag…

Koos ·

Lekker man. Bring sommer jou familie ook soontoe. Ruik vir my na pure breinspoelpropaganda. Wat van die ware Franse wat elke dag heldedade pleeg in die vorm van belasting betaal?

Goeie aarde ·

Janee Koos ongeag sy heldedaad kan ek nie glo dat hy nou VERBLYFREG kry terwyl hy ‘n ILLEGAL immigrant was en ons wat ons doodsukkel om in ander lande in te kom word net eenvoudig WEGGEWYS nie . dalk moet ons ook heldedade in ander lande gaan verrig terwyl ons ILLEGAL daar is . dalk kry ons ook verblyfreg. Eks bly die kind is gevang, maar ek dink dit stuur ‘n verkeerde boodskap uit .. ILLEGAL beteken steeds hy het ‘n krimele daad gepleeg.

Boerjie ·

Ek stem saam…… goed beplan kry n visa vir kuier in Frankryk en doen n heldedaad en siedaar!!!

Anni ·

Dis mos nou wat ek ook wil weet! Hy kon mos nou heel gemaklik die kind bykom????!!!

Willie ·

FM ek dink nie dit was die P nie, lyk soos die buurman… hy het nie plan gemaak om verby die sperring te gaan nie…

Piet ·

Lyk vir my “fishy”. Daar is dan ‘n persoon op die balkon. Kon die nie help nie.
Dalk so beplan?

jaco ·

Hoe kom dié mense onwettig in Frankryk in? Net vir ‘n gewone toeristevisum het die Franse konsulaat in Kaapstad my behoorlik gelooi met honderde vrae oor wie en wat ek is, bewyse dat ek werk en eiendom in SA besit en bewyse dat ek genoeg geld saamvat Frankryk toe. En na alles het die visum ook ‘n stewige bedrag gekos.
So nou wonder ek maar net; hoe kom al hierdie onwettige immigrante dan so maklik in Frankryk in en bly en bly en bly maar net terwyl niks aan hulle gedoen word nie?

hendrik ·

Kyk hoe maklik tel Mamoudou die kind op na veiligheid. Hoe kon die persoon op die balkon dit nie doen nie?

onwaar ·

Die propaganda vir Pro – immigrante is ongelooflik. En die Europese lande is so oop vir hierdie propaganda – dit is ongelooflik.

Christa J ·

Noudat die wêreld al sedert verlede Vrydag/Saterdag berig oor die (belaglike) verbod op Tommy Robinson se (vals) inhegtenisname en (ons wonder hoekom?) skulderkenning, hoop ek dat MM en ander media uiteindelik oor hierdie saak gaan begin berig. Dit is uiters belangrik dat ons in SA ook besef dat die regstelsel ook hier gekaap kan word. Want hierdie man het die moed gehad om van die 29 beskuldigdes vir bendeverkragting en “grooming” van meisies so jonk as 11jr oud te ondersoek en daaroor te berig. Ek wag in spanning, Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.