Video: Indië se eerste motor groet

Die Hindustan Ambassador soos hy op die program Top Gear verskyn het.

Die Hindustan Ambassador soos hy op die program Top Gear verskyn het.

Suid-Afrikaanse motoriste moes lank al vrede maak met die feit dat motor-dinosorusse op die mark bly lank nadat hulle in hul lande van herkoms aan die mark onttrek is. Voorbeelde hiervan is die Nissan 1400-bakkie, die VW Citi Golf en die Toyota Tazz.

Die eerste motor wat in Indië vervaardig is, is egter heelwat ouer as dit, en het sy oorsprong in 1954 gehad. Die Hindustan Ambassador is gebaseer op die Morris Oxford wat daardie jaar bekendgestel is, en is van 1958 in Indië vervaardig. Produksie van hierdie motor is egter pas gestaak weens ‘n afname in gewildheid. Dit was die eerste motor wat in Indië vervaardig is.

Die Ambassador is vroeë jare as ‘n statussimbool beskou, maar sedert die middel 1990’s het al hoe meer vervaardigers tot die Indiese mark toegetree en hul eie motors begin vervaardig. Die produkte van twee van hierdie vervaardigers, Tata en Mahindra, is in Suid-Afrika op die mark, terwyl sommige modelle van Suzuki, Honda en Renault ook in Indië vervaardig word vir die Suid-Afrikaanse mark.

Hoewel die Ambassador se ontwerp deur die jare baie dieselfde gebly het, is daar voortdurend sekere verbeteringe aangebring om hom so mededingend as moontlik te hou. Die laaste modelle is beskikbaar met ‘n petrolenjin van 1,8 liter, 1,5 of 2,0 liter-dieselenjins of ‘n enjin van 1,8 liter wat vloeibare petroleumgas gebruik. Die aanvanklike modelle was toegerus met die ou 1,5 liter-enjin wat in die Morris Oxford gebruik is, maar sedert die 1990’s word ‘n 1,8 liter-enjin wat van Isuzu afkomstig is.

Die Ambassador word nog gereeld in Indië as ‘n taxi gebruk, en die Britse motorprogram Top Gear het dit tydens hul twintigste reeks as die beste taxi ter wêreld aangewys (‘n videogreep hiervan volg onderaan die berig).

http://youtu.be/GbP-GhH5Ci4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.