Video: Indiese passasierstrein rol 35 km agteruit

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ‘n wegholtrein word wyd op sosiale media gedeel. Die passasierstrein in Indië het 35 km agteruit gerol, aldus berigte Donderdag. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die trein, wat van New Delhi na Tanakpur op pad was, het ʼn meganiese fout beleef toe die bestuurder vir ʼn dier op die treinspoor gerem het. Die spoorwegmaatskappy het later gesê dit was ʼn koei op die spoor.

Volgens berigte het die trein onbeheersd sowat 35 km agteruit gerol. Die spoorwegministerie het egter nie die afstand bevestig nie.

Noodlottige ongelukkig vind gereeld plaas op Indië se enorme, maar bouvallige spoorwegnetwerk. Geen beserings of sterftes is in Woensdag se voorval aangemeld nie.

Die North Eastern Railway het in ʼn kort verklaring die voorval bevestig, maar nie uitgewei hoe die trein tot stilstand gebring is nie. “Trein het veilig net voor Khatima-stasie tot stilstand gekom. Daar was nie ʼn ontsporing nie. Alle passasiers is veilig na Tanakpur vervoer.” Die bestuurder en veiligheidswag is geskors.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bushy

Dis wat gebeur as n trein skrik vir n Koei.

Hennie J

Is die koei nie heilig in daardie geweste nie?

Janee

Eerste Indiese passasierstrein wat leeg is sonder dat die hele land in en buite dit hang?

MakersMark

One time.

Jacques

As trein entoesias kyk ek baie treine op YouTube. As ‘n reël jaag die Indiërs altyd en daar is heelwat videos van treine wat korte mette maak van diere op die spoor sonder om spoed te verminder. Tong in die kies, dis dalk hoekom die masjinis geskors is, omdat hy gerem het.