Video: Indiese susters klap buspeste vuurwarm, kry beloning

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Drie Indiese mans wat waarskynlik gedink het hulle sal, soos talle landgenote, wegkom met die molestering van vroue op ’n bus, het hulle rieme behoorlik styfgeloop.

Gewoonlik kyk die ander passasiers anderpad as mans vroue aan boord van busse teister en selfs verkrag, maar dié keer het twee susters, Arti Kumar (22) en Pooja Kumar (19) ingegryp en drie buspeste warm geklap, terwyl ’n ander vrou die voorval op haar selfoon opgeneem het. Die video is op YouTube geplaas.

Die drie mans is hierna aangekeer, en die twee susters het ’n beloning ontvang. Die busbestuurder en kondukteur is deur die busmaatskappy geskors omdat hulle niks gedoen het nie.

Die volledige artikel in Trouw kan hier gelees word.

http://youtu.be/oiURsb91rEg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Goed so susters – jul moes eintlik geskop het waar dit pla! Bravo ook aan die busmaatskappy wat die kondukteur en bestuurder geskors het! Oor die algemeen verpes ek geweld maar in hierdie tipe van situasie moet die vrouens hul ding doen – te lank word hulle in daardie lande onderdruk, uitgebuit en gemolesteer. As niemand hulle wil help dan moet hulle hulself help! Staan op susters! Ek hoop hierdie storie versprei soos ‘n veldbrand!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.