Gewoonlik kyk die ander passasiers anderpad as mans vroue aan boord van busse teister en selfs verkrag, maar dié keer het twee susters, Arti Kumar (22) en Pooja Kumar (19) ingegryp en drie buspeste warm geklap, terwyl ’n ander vrou die voorval op haar selfoon opgeneem het. Die video is op YouTube geplaas.
Die drie mans is hierna aangekeer, en die twee susters het ’n beloning ontvang. Die busbestuurder en kondukteur is deur die busmaatskappy geskors omdat hulle niks gedoen het nie.
Die volledige artikel in Trouw kan hier gelees word.
http://youtu.be/oiURsb91rEg
Goed so susters – jul moes eintlik geskop het waar dit pla! Bravo ook aan die busmaatskappy wat die kondukteur en bestuurder geskors het! Oor die algemeen verpes ek geweld maar in hierdie tipe van situasie moet die vrouens hul ding doen – te lank word hulle in daardie lande onderdruk, uitgebuit en gemolesteer. As niemand hulle wil help dan moet hulle hulself help! Staan op susters! Ek hoop hierdie storie versprei soos ‘n veldbrand!