Video: ‘Iron Man’ gee bioniese arm vir sewejarige

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Alex Pring (7) is met ʼn gedeeltelik ontwikkelde regterarm gebore, maar het onlangs ʼn 3D-gedrukte bioniese arm ontvang van die strokiesprentheld, Iron Man.

Robert Downey Jr, wat die rol van Tony Stark in die jongste drie Iron Man-rolprente vertolk, het self die kunslidmaat aan Alex oorhandig.

Downey het ook een van die arms saamgebring wat hy in die fliek gedra het en die video op sy Facebook-blad gelaai.

Alex se arm is geskep deur Limbitless Solutions, ʼn vrywilligergroep wat deur Albert Manero begin is. Manero, ʼn PhD-student in ingenieurswese by die Universiteit van Sentraal Florida, druk die 3D-lidmate om dit dan gratis of baie goedkoop aan kinders beskikbaar te stel.

Alex se nuwe arm is die eerste van sy soort wat Limbitless gemaak en geskenk het aan ʼn behoeftige kind.

Soortgelyke prosteses kos tot $40 000 (byna R500 000), maar danksy Limbitless se tegnologie kos só arm slegs $350 (ongeveer R4 300).

Die eerste ding wat Alex met ʼn vorige prostese gedoen het, was om sy ma te omhels. Sien dié video hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.